Childhood Diseases

Question
Posted by: Christiaan se mamma | 2012/08/07

Q.

Kleuterskool en seuntjie van 2,5 jaar

Prof,

My seuntjie is nou 2,5 jaar oud en ek het besluit om hom nou in ''n kleuterskool te sit omdat hy baie verveeld raak gedurende die dag by die huis. Hy gaan nou van Maan - Vry van 9-12. Die eerste week het baie goed gegaan en die juffrouens se hy geniet die skooltjie baie, maar die laaste 2 weke huil hy vreeslik en se elke oggend hy wil nie skooltjie toe gaan nie, maar ek het hom dopgehou en hy hou baie vinnig op met huil as ek hom aflaai en wegstap, dan geniet hy dit tog by die kleuterskool. Die juffrouens se almal hy stel baie belang in als en doen baie goed, maar hy bly se dis nie vir hom lekker nie en wil nie meer gaan nie? Hy slaap ongelooflik sleg in die aande en word gereeld wakker en is dan huilerig. Sy boetie is nou 17 weke oud en dis vir my baie moeilik met altwee by die huis, maar nou laat my pediater my skuldig voel, want hy se kinders hoef nie voor 4 jaar kleuterskool toe te gaan nie? My seuntjie word 6 Januarie 3 jaar oud. Wat se Prof, is dit verkeerd om ''n kind voor 4 jarige ouderdom kleuterskool toe te stuur? Volgens my Pediater het ''n kind voor 4 nie stimulasie nodig nie, maar verskil dit nie maar van kind tot kind nie? Ek is nou nie seker wat om te doen nie?

Raad nodig asb

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou seuntjie het tans 'n probleem met skeidingsangs wat baie dikwels voorkom op hierdie ouderdom. Boonop is daar 'n nuwe boetie by die huis en hy moet elke dag nou skool toe gaan. Daar is geen probleem om hom op hierdie ouderdom kleuterskool toe te stuur nie. Hy sal met tyd gewoond raak aan die skool veral wanneer hy een of twee vriende het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: Nicky | 2016/05/17

my seuntjie is 3jaar oud en nou al amper 5 maande in die creche en die eerste paar dae was dit normaal, maar nou hyl my seuntjie elke oggend as sy vervoer hom kom optel. hy se die creche is nie lekker vir hom nie en die juffrou se hy meng glad nie met die ander kinders nie, maar by die huis speel hy baie lekker met die kinder wat hy ken. is dit normaal vir seuntjies van sy ouderdom om so te reageer by die creche en is dit nodig dat hy van so n ouderdom moet creche gaan. my seuntjie se altyd hy wil skool gaan by die groot skool, waar almal sy niggies en neefies is.

Reply to Nicky
Posted by: bekommerde ma | 2013/09/13

Ek is so bly om te hoor daar is nog mense in die situasie. My seuntjie is nou 25 maande en van Julie af in 'n kleuterskool. Hy was voor dit by 'n babaskool waar hy gelukkig was. Hy wil glad nie skool toe nie en huil vreeslik. Ek is ook nou 4 maande swanger en weet nie of dit tot die situasie bydra nie, maar dis vreeslik as mens se kind so huil. Ek is al so moedeloos dat ek dit nou oorweeg om my werk te los en hom maar net by die huis te hou. Dit is maar nou een keer so, 'n ongelukkige kind is 'n ongelukkige ma. Ek het hom ingeskryf in 'n baie goeie skool vir volgende jaar, hoop dit gaan beter daar.

Reply to bekommerde ma
Posted by: Racoon | 2012/08/07

My situasie is selfde as Zee01 s''n. Al drie my seuntjies is op 3 of 4 maande creche toe. Ek dink die sleg slaap is meer ''n ouderdom ding, want met my ouer 2 is dit presies die ouderdom wat hulle met nagmerries begin het. Dit hou aan tot so 4-4.5 jaar. So heel moontlik het dit nie met die skooltjie te doene nie. Verla seuntjies het nogals sosialisering nodig, so ek dink dis baie goed dat jou seuntjie in die skooltjie is.

Reply to Racoon
Posted by: Zee01 | 2012/08/07

My seuntjie is bietjie jonger as joune, maar is al van 4maande in die skool! Hy geniet die vreeslik!
Dit is baie normaal dat hy sal huil in die oggend, maar solank hy vinnig ophou, moenie worry nie! En ek dink gee hom net so rukkie om in die nuwe routine te kom! Ek stem glad nie met jou pediater saam nie, hulle het miskien nie stimulasie nodig nie, maar dit doen hulle baie goed!!!
Solank jy gelukkig is met die skool, hou aan om hom te vat! Dit kan hom net goed doen!!
Post die vraag op die " parenting forum"  ook

Reply to Zee01

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.