Childhood Diseases

Question
Posted by: mgk | 2010/10/19

Q.

Kleuterseun sukkel nou

Hallo Dokter,
My seuntjie is nou 3 1/2 jaar. Hy is gebore met laryngomalsie en was gehospitaliseerd 1 tot 2 keer per maand vir die eerste 2 jaar. Deesdae is hy op kroniesse medikasie vir sy longetjie en refluks en ons hou hom goed dop en behandel slym en ander simptome soos nodig.
Aan die begin van die jaar het hy na n groter kleuterskool geskuif en het erge gedrags probleme begin toon. Soveel so dat ons hom na n arbeidsterapeut geneem het wat alles normaal getoets het en dit aan n hanteringsprobleem toegeskryf het aangesien hy n baie sterk persoonlikheid het en as n ekstrovert voorkom.
Na ons met die skool dissipline bespreek het bly die probleme steeds.
Hy presteer ver verby sy ouderdom as hy die dag wil, maar as hy nie wil nie sit hy onder die tafel. Soms werk hy fantasties en klim dan teen diefwering uit as die res van sy maats nog besig is. Die skool het hom na n ouer klas geskuif aangesien een ouer gewyer het dat hy n klas met haar kind deel en ook om te sien of hy nie beter by ouer kinders doen met meer stimulerende werk nie.
Saans sukkel ons tot 11 uur om hom aan die slaap te kry, begin al 8 uur bed to gaan en lees. Soggens moet ek hom wakker maak net voor 8 uur vir skool en teen daai tyd is ek al goed laat vir werk.
Die arbeidsterapeut evaluasie se daar is nie tekens van aandagafleibaarheid tans nie, aangesien hy deeglik alle werk klaar gemaak het in die evaluasie. Sy gesondheid is so dat ons hom kan behandel voor hy in die hospitaal beland, maar hoe gemaak met die gedrag?
Wat is ons volgende stap om hom te help? Van die gedrag by die skool het ingelsuit sand gooi, maats slaan, stoele onder hulle uitruk, hulle oor die kop slaan en bloot net nie luister nie. Ek en my man hy Dr James Dobson se boek gelees oor die Eiesinngie kind, en le die roede in soos nodig. By die huis reageer hy op disiplinne op die manier, maar by die skool mag hulle dit nie doen nie.
Verder is sy slaap nie aanvaarbaar nie, alhoewel hy deurslaap kan hy nie snags so laat gaan slaap nie, hy slaap in die middag binne 15 minute en bly slaap vir 1 tot 1 1/2 uur.
Wat maak ons, hoe hanteer ons dit, wat pla hom?
Raad asseblief!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is baie moeilik om presies vas te stel waar jou seuntjie se gedrags probleem begin het, maar miskien is dit as gevolg van die feit dat hy so dikwels opgeneem moet wees in die hospitaal in die eerste twee jaar van sy lewe. Daar bestaan geen twyfel day hy baie slim is. Sy gedrag by die skool is onaanvaarbaar en sy slaap patroon is ook 'n groot probleem.Dit is nodig dat hy 'n kinder sielkundige moet raadpleeg veral om eerstens 'n diagnose van sy gedrags probleem vas te stel en daarna om hom te behandel. Hy het sekere simptome van 'n gedrags probleem met die naam 'oppositional defiance disorder' maar nie al die simptome van hierdie sindroom nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Tasja | 2010/10/25

Hi ja ek het ook 2 kleintjies dogtertjie is 2 jaar en 10 mnde en my seun 5!As hulle in die middae slaap,dan gaan hulle saans eers na 9 bed toe,maar as ek hulle wakker hou pass hulle al half 8 uit vanself!!Probeer hom wakker hou vir n paar dae,en kyk of dit werk.Sy gedrag deur die dag,het ek ongelukkig ni raad voor nie jong,dalk moet jy hom maar laat toets deur n kindersiekundige en kyk waar is hy agte en waar is hy voor.Ek het dit ook met my seuntjie laat doen,en dit het baie gehelp om hom die nodige hulp te gee,ons het ook so uitgevind hy is sensories sensitief vir klank,word maklik afgelei deur geluide en n gedruis ens.maar hy is ni aandagafleibaar nie.hulle se dikwels n arbeidstarapeut is nie gekwalifiseerd om diagnoses te maak nie!

Reply to Tasja
Posted by: m | 2010/10/20

Ek is net nog ''n mamma van ''n 3,5 jarige. Kan nie help met res nie, maar moet se dat as ons seuntjie eers 8 uur soggens gaan opstaan en ''n dagslapie van ''n uur of meer gaan he, dan gaan hy ook tot 11 uur snags wakker wees. Dit klink vir my eintlik vanselfsprekend.
Hoekom probeer jy nie dat hy wakker bly een middag nie (hy is op ouderdom om sonder ''n slapie te kan begin klaarkom) en kyk of hy nie dan vroeer slaap nie. Ek dink sy slaappatroon sal so in plek val. Weet ook, uit mamma-ondervinding met twee seuntjies. Maar ja, elke kind bly uniek en jy moet maar kyk wat werk vir julle. Tog, as jy raadop is, dink ek jy moet oe toeknyp met ''n verby-moeg kins smiddags. Ek doen dit al ''n jaar en dit is moeilik, maar dit werk!

Reply to m

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.