Childhood Diseases

Question
Posted by: Jenn | 2012/07/17

Q.

Kleuters wil nie slaap nie

Hallo Dokter

Ek het so ruk terug ''n vraag gevra oor my kleuters wat sukkel om snags te gaan slaap. Daaruit het gekom dat ek Melatonin moet probeer en het so gemaak. Dit het gewerk om hulle rustig te maak maar hulle bly steeds wakker tot soms na 10 uur in die aande. My twee seuns is 2 en 4. Die Melatonin werk goed vir die jongste een, maar nou raak hy agresief omdat hy moeg raak. Hy gee wel na ''n ruk op en raak aan die slaap.

Dit is nou twee dae wat hulle nie die Melatonin gebruik nie en dit gaan rof in die nag. Hulle raak net nie moeg nie. Gister aand na half 10 toe is hulle nog heeltemal wakker. Ek probeer hulle rusig hou na badtyd, maar hulle ruk heeltemal hand uit. Ek is raadop.

As hulle van die dagsorg af kom saans dan is hulle so hiperaktief. Die juffrou dink dit is omdat hulle nie nou buite speel deur die dag nie agv die reen en koue. Hulle hardloop en skree die hele huis vol en raak nie eers rustig as ek vir hulle ''n storie opsit om te kyk nie.

Is hulle maar net woelig? Dis moeilik om te beskryf hoe hulle aangaan saans. Ek wil nie klink asof ek oorreageer nie, maar hulle gaan soms so aan dat ek en my man nie eers ''n gesprek met mekaar kan he nie. Die kinders gil en skree so dat ons mekaar nie kan hoor praat nie. As ons met hulle raas of time-out laat sit dan gaan dit net voort daarna.

Nou voorsien ek nog ''n probleem. Ons verhuis oor ''n maand en wonder of dit nie die probleem erger gaan maak nie. Enige raad oor verhuising met kleuters?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is beslis 'n baie groot probleem. Jou seuns is beide hiperaktief en ek glo nie dat dit net as gevolg van die feit dat hulle bedags by die skool nie buite kan speel nie.Hopelik is dit net 'n tydelike probleem en nie die eerste tekens van ADHD is nie. Hulle moet elkeen Omega3 1000mg per dag of Eye Q elke dag neem. Dit sal ook help om hulle Bio-Strath elke dag te gee. Hulle kan elke aand die Melatonin gebruik.Dit is 'n natuurlike hormoon en word beskou as veilig vir gebruik in jong kinders.Gebruik die Melatonin een uur voordat die seuns moet gaan slaap.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2012/07/18

Hoe lyk jou seuns se dieet? drink hulle Coke of Milo, en eet sjokolade? wat van lekkers en jelly wat baie kleurstowwe in het? Hierdie bymiddels is bewys om hiperaktiwiteit te veroorsaak. Slaap jou outjie van 4 nog in die dag? miskien tyd om dit te stop. Die Eye-Q of Brainchild se omega-3 sal verseker help. Die laasgenoemde is baie lekekr, en al 3 my seuns (selfs 1 van 1.5 jaar) eet dit sonder probleme. Dis BAIE belangrik om die melatonien presies dieselfde tyd in die aand te gee. En hulle dan alleen te laat om aan die slaap te raak. As hulle mekaar opcharge, moet jy hulle miskien split vir bedtyd? sterkte!

Reply to Racoon
Posted by: Natalie | 2012/07/17

My dogter 3 is dieselfde. Sy slaap nie bedags by die skooltjie en het die energie van vyf kinders. Dit hou net eenvoudig nie op nie. Ek los haar maar dat sy haar self uit leef. Hopelik as hulle formeel skool toe gaan sal hulle moeg word. Ek sit haar tien uur in die bed en dan lê  ons in die donker tot sy aan die slaap raak. Sommige tye is eers hier by elf uur.

Reply to Natalie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.