Childhood Diseases

Question
Posted by: Jenn | 2012-10-01

Q.

Kleuters slaap min

Hallo Dok
Ons het twee seuns ouderdomme amper 5 en 2. Beide het baie goed geslaap as babas en het van vroeg af deurgeslaap.

Albei slaap nou baie min. Die oudste een omtrent van ouderdom 3 af en die jonger omtrent nou so 8 of 9 maande terug.
Hulle slaap albei in die middae by die skooltjie en die jongste ene slaap naweke so 2 ure by die huis deur die dag maar die oudste een slaap glad nie naweke deur die dag nie.
Hulle eet en badtyd roetine is deur die week altyd dieselfde.

Hulle is ontsettend aktief en klim en klouter heeldag tot hulle moet inkom dan hardloop hulle die huis op en af.

Ek het twee maande terug vir hulle Melatonin begin gee maar dit lyk nie of dit regtig werk nie want hulle is rustiger maar weier om te gaan le en as ek hulle in die bed sit met ligte af dan speel hulle in die donker.

Tot dusver is hulle roetine soos volg.

18:30 eet
19:00 bad
19:00 - 20:30 speel hulle nog in die huis
Dan begin ons hulle bed toe stuur, maar dit eindig op dat hulle na 11 soms nog wakker is. Die oudste een le soms vir ''n uur in die donker kamer maar slaap nie. Hy kan net nie aan die slaap raak nie.
02:00 kom klim albei gewoonlik by ons in die bed en dan tussen 04:00 en 05:00 is hulle wakker.

Die melatonin help nie, wat anders kan ek doen. Ons is so moeg in die aande na die gesukkel met die kinders.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is beslis 'n baie groot probleem. Dit is veral nodig om uit te vind of daar 'n rede is dat jou oudste seun so aktief is en dat hy byna nooit slaap nie. Dus sal die beste wees om sy pediater te raadpleeg om te bepaal of hy hierdie simptome wys as gevolg van ADHD of ADD. <br>Die jongste seuntjie is natuurlik ook 'n baie groot probleem maar dit is moeilik om nou vas te stel of hy ook die simptome van ADHD het. Dit is ook baie moeilik om 'n slaapmiddel te kan voorskryf vir 'n kind van hierdie ouderdom. Melatonin is al probeer maar dit werk nie.Probeer 'Rescue Remedy' druppels in die aand en sien of dit miskien beter sal werk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.