Childhood Diseases

Question
Posted by: Jen | 2012/06/19

Q.

Kleuter sukkel om te gaan slaap

Hallo Dr

Ek het twee seuntjies van ouderdomme 4 en 2.
Albei is verskriklike aktiewe kinders. Vandat die oudste een 3 is slaap hy nie meer by die huis in die middae nie. Hulle is deur die dag by ''n dagsorg en hulle slaap wel daar na middagete vir ''n uur of twee. Naweke by my slaap hy glad nie. Die jonger ene slaap baie goed dag en nag.

My probleem egter is dat die 4 jarige is regtig baie baie aktief en sit nooit stil nie en klim en hardloop heeldag. Ek kan hom nie eers kry om tydens ''n kinderstorie stil te sit nie. By die skool sê  hulle luister hy mooi en raak net baie opgewonde tydens stories ens. maar hulle kry hom wel vinnig onder beheer.

My probleem kom in in die aande. Hy slaap partykeer 12 uur die nag nog nie. Hy lê  net wakker in sy bed van half 9 af en raak net nie aan die slaap nie. Selfs al gaan lê  ek in sy bed saam met hom raak hy net nie aan die slaap nie. Hy kom nie moeg voor nie en is nie huilerig nie. Hy weier net om te slaap. Soggens kry ons hom natuurlik nie wakker nie.

Wat kan ek doen? Na al sy dag se aktiwiteite kan ek steeds nie glo hy is nie moeg in die aand nie. As mense by ons kuier gaan slaap hy eers wanneer almal huistoe gaan en dit kan soms tot na 12 uur raak. Dan sukkel hy nogsteeds om te slaap.

ek is raadop. ons slaap meeste van die aande nog voor hy slaap.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is beslis 'n probleem met jou oudtse seuntjie se slaappatroon. Wat hier belangrik is is dat hy nie die simptome van ADHD wys nie. Hy is wel aktief maar hy konsentreer goed by die skool. Ek vermoed dat hy een van die baie slim kinders is wat redelik gou ophou om in die midday te slaap en snags nog sukkel om te slaap. Ek moet saamstem dat daar min kinders van die ouderdom is wat middernag nog sukkel om te slaap. Probeer eers Rescue Remedy druppels en indien dit nie help nie probeer daarna Melatonin 3mg in die aand , 30minute voor hy bed toe gaan.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2012/06/19

Klink bekend...my middelste seun (van 3 seuns, ook 3 jaar oud) is dieselfde. Ons het gevra dat hy by sy skooltjie eerder wakker gehou word, anders slaap hy ook nie in die nag nie. Ook dan soggens porbleem om hom wakker te kry. Jy kan miskien melatonien gebruik om hom te help om sy slaappatroon te vestig. Ons pediater het dit vir ons outjie voorgeskryf - mens kry dit in die Gesondheidsafdeling van die apteek. Jy gee die pilletjie (fyngemaak en in jogurt of iets gesit) vir hom nie langer nie as 30 minute voor sy ideale slaaptyd. Hulle slaat letterlik soos ''n os neer na 20 minute of ''n halfuur. Dit kan jy vir ''n week doen en dan kyk of hy daarna natuurlik op daar tyd gaan slaap. Dit moet elke aand op presies dieselfde tyd gegee word, sodat sy brein kan begin om self die melatonienvlakke dan op te stoot.

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.