Childhood Diseases

Question
Posted by: Bekommerde Ma | 2010/03/10

Q.

Kind wil nie eet nie

Dr ek het regtig ''n probleem. My 14 maand oue seun wil nie eet nie. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Sy dagma sê  hy eet by haar maar hy is die week by sy ouma en hy wil glad nie eet nie nou weet ek nie of die dagma vir my jok nie???. Naweke wil hy ook nie eet nie ek weet hy hou van 2 minute noodles en sal miskien twee telepels vol eet en dis al vir die hele dag. Ek stuur vir hom 7 bottels skool toe en ook nou na ouma toe 2 sap, 2 tee,1 water en 2 vir melk met ''n bottel purity vrugte met sy kook kos vir middag ete. Hy drink alles klaar by die dagma maar nou by ouma drink hy 1 melk, 1 tee en miskien 1 sap klaar en eet ook glad nie sy probeer alles net soos ek oor naweke. Hy is nie ondergewig nie. Toe ons hom laas geweeg het was hy so 10.7kg gewees. Ek verstaan dat hulle soms nie honger is nie want ons voel ook soms so maar vir so lank al?? (Vrydag tot nou)???
Hy gaan slaap so 7h00 en dan drink hy so 200ml melk en dan nog so 4 tot 5 bottels van 200ml elke keer deur die nag ek weet ek moet nie so baie melk vir hom gee maar my man voel omdat hy nie wil eet nie moet ons nie sy melk weghou nie. As hy by sy dagma is sal hy so 2 bottels deur die nag drink.
Ek het ook gister vir hom ''n vitamiene stroop gekoop wat hulle ook ''n eetlus gee - volgens apteker.

Wat moet of kan ek doen om hom te laat eet??? Hy sit by ons as ons eet hy mors net met sy kos en as ek dit regkry om hom ''n lepel vol in sy mond te sit word dit met ''n " boog"  uitgespoeg.

Asseblief Dr ek het jou raad nodig want ek weet nie meer nie. O,ja hy is tans so bietjie verkouerig maar nie te erg nie drink ''n hoesstroop vir sy hoes en het ''n loopneus. Kan dit dalk die rede wees dat hy nie wil eet nie????

HELP ASSEBLIEF!!!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die gemiddelde gewig vir 'n baba seun van 14 maande is 14kg. Jou seun se gewig is bo gemiddeld vir sy ouderdom. Dus is daar geen rede vir enige groot kommer nie. Tans drink hy te veel melk, ek skat dat hy min of meer 1400ml per dag drink en hy het net 600ml nodig. Geen wonder dat hy nie honger is nie. Hy moet aanhou om saam met die gesin te eet.Hy moet probeer om self te eet met sy eie lepel Moet glad nie na hom kyk nie en se niks indien hy nie alles eet nie. Hy sal met tyd al hoe meer vaste kos begin eet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
user comments

C.

Posted by: heleen | 2016/06/01

My kind drink 2 liter water in die nag . hy drink deur die dag nog amper 2 liter water en koeldrank. Hy eet baie goed. Het hom getoets vir suiker maar dit is normaal. Enige raad asb. Hy is 2 jaar oud en slaap ook nog nie deur nie.

Reply to heleen
Posted by: josie | 2016/05/31

Hi soek hulp met seun van 2jr en 6mnde wati wil eet of drink nie.het hom nou al 2mnde gespeen.het vir hom nelspray melk gekoop ma hy wil dit ook nie drink nie n bees melk ook nie

Reply to josie
Posted by: Mamma | 2010/05/27

My seun is 3 jaar en 8 maande, hy weeg 13.5 Kg, hy eet ook baie swak, as ek hom nie voer nie, sal hy nie sy volle bord kos eet nie. Hy bly ook mangelontsteking kry, die dokter wil dit nie verwyder nie, ek dink dis die mangels wat om nie laat gewig optel nie.

Reply to Mamma
Posted by: Bekommerde Ma | 2010/03/10

Hi Spokie

Ja ek weet my kind kry tans te veel melk deur die nag - hy wil nie eet nie en soek dan die melk. In die tyd wat hy by sy dagma is drink hy maks 2 bottels melk vir die helle aand. Dis net nou dat hy so baie melk drink.

Reply to Bekommerde Ma
Posted by: Spokie | 2010/03/10

Mamma, ek is beslis nie ''n dokter nie, maar uit ondervinding weet ek jou kind drink te veel melk. Omdat jy sy magie so vol melk maak, het hy nie behoefte aan kos nie. En ek verstaan ook hoekom jy vir hom so baie melk gee- want jy glo hy kry nie kos nie. Maar dink gou vinnig hoe ongemaklik jy raak as jy jou maag vol vloeistowwe pomp. Dis hoe sy magie ook voel.

Probeer om vir hom minder drinkgoed te gee, en gee vir hom kossies waarvan hy hou - al is dit chippies en koekies vir eers. Kry hom net om vaste kos te begin eet.

My dogtertjie wou ook nie eet nie, toe se my pediater dat ek haar te veel vloeistof gee. Dit maak haar magie vol en dan het sy geen behoefte aan kos nie. Ek het veral haar nag bottels HEELWAT verminder (want dit maak dat haar magie by opstaan tyd tjok en blok vol is en sy glad nie haar pap eet nie). Ek het vir haqar begin water gee elke keer as sy vir melk gevra het in die nag, en so het ek haar afgekry van die nag bottel af. Sy is tans 20 maande en kry haar bottel voor sy gaan slaap en hoogstens een bottel deur die nag. En ek moet se haar eetlus het heelwat verbeter.

Dit gaan VREK moeilik wees - ek belowe jou - want daai mensie VERWAG sy melkie, maar druk deur en jy sal sien dit behoort te help.

Sterkte!!!

Spokie

Reply to Spokie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.