Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2011/09/16

Q.

Kind wat altyd siek is

Ek het n dogtertjie nou 3 haar mangels is uitgehaal vroeg die jaar maar sy bly siek met loop neus (meeste van tyd groen) en haar borsie het baie slym op. Die dr het gese as die mangels uit is sal sy beter wees maar sy is nie. Ek het al gewonder of sy dalk alergies kan wees vir iets wat dit dan veroorsaak? Ek is raad op sy is 2 keer n maand op antibiotika vandat sy 3 maande oud is. Sy het n asd en anorisme op die hart en versnelde hardklop kan dit die oorsaak wees dat sy so baie siek is? ek is raad op was al by baie dokters!

Help asb dr

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wat hier nodig is is 'n vaste diagnose van jou dogtertjie se probleem. Dit klink vir my dat sy nog sukkel met vergrote adenoiede wat veroorsaak dat die slym wat uit haar neus loop groen is en aanhou om haar bors aan te steek.Ek vermoed dat die ONK spesialis nie haar adenoide uitgehaal het nie.Dit is moontlik dat deel van haar problem as gevolg van haar ASD en anorisme van haar hart is. Haar herhaalde siektes is nie as gevolg van 'n allergie nie. Indien jou dogtertjie in Gauteng bly moet sy probeer om Dr Andre van Niekerk, Pediatriese pulmonoloog by die die Clinton Hospitaal in Alberton te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.