Childhood Diseases

Question
Posted by: Anneke Joubert | 2010-10-05

Q.

Kind het dag en nag eet gewoontes omgeruil

Ek nodig hulp asb. My kind is 13mnd oud. Hy het sy dag en nag eet gewoontes omgeruil. In die dag wil hy nie eet nie. Hy eet sy aandete hier by half ses rond en in die nag drink hy 3 - 4 bottels melk uit. Ek het probeer om dit te vervang met water, maar dan huil hy die hele nag. Hy drink water so deur die dag. Sy kiestande is ook al uit. Ek het al probeer om sy maaltye interressant te maak, maar dit wil ook nie werk nie. Wat kan ek doen om dit terug te verander. Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie probleem kom baie dikwels voor onder babas van hierdie ouderdom.Hy is ook nou al oud genoeg om te leer dat hy nie hele nag deur sy melk sal kan drink nie..Hy moet nou saam met die gesin wees vir al sy maaltye. Sit sy kos voor hom en gee vir hom 'n lepel en hy kan self probeer om sy kos te eet. Hy sal sukkel maar met tyd sal hy leer om dit te doen. Jy kan vir hom 'n bietjie help maar hou hom nie heeltyd dop nie. Hy sal probeer om sy ouers te naboots wanneer julle by die tafel eet. In die nag is daar maar een oplossing wat moeilik is maar dit sal werk. Dit is die 'controlled crying, metode. Kyk op Google vir verdere inligting.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.