Childhood Diseases

Question
Posted by: Blommie | 2008/09/02

Q.

Kind bly siek

Ek is elke drie weke met my twee jarige by die dokter. Dan het sy koors en braking. Die laaste pediater by wie ons was het gesê  sy kry te veel suiwel produkte en dit breek die ystervlake af agv dit het sy ' n lae imuunstelsel. Is dit moontlik dat dit kan veroorsaak dat sy elke drie weke die selfde simptome het. Die hoeveelheid suiwel wat sy per dag in neem is 100 ml Melk een Yoghurt en ' n snytjie kaas - die wat reeds in sakkies verpak en klaar gesny is. Help Asseblief

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie simptome word nie deur suiwel in jou dogter se dieet veroorsaak nie.Is sy miskien 'n kind wat 'n creche bywoon ['creche sindroom']?Een of ander van die kinders by die creche is gewoonlik siek veral gedurende die winter maande. Sy word so ook gereeld ontsteek.Indien sy well 'n creche bywoon sal dit beter wees as sy by die huis opgepas word.Dit sal haar ook help as jy vir haar Viral Choice junior elke dag gee om haar immuniteit op te bou en ook Probiflora vir kinders een elke dag.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.