Childhood Diseases

Question
Posted by: anita sonnenberg | 2012-07-27

Q.

kind (11j) se keel trek toe en krampe op sy maag

Seun se mangels is na n lang gestoei uitgehaal, maar is nou allergies vir kos, soos wheat. Het gevra vir allergie toetse, maar niks is gedoen. Het hom op gluten frye dieet gesit, wat help, maar soms eet hy iets wat nie reg is, dan trek sy keel toe en dan kla hy van krampe op die maag. Na watter tipe dokter toe kan ek gaan en watter tipe toetse kan ek aanvra, dit lyk of hy n epi-pen sal moet kry.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is baie, baie bekommerd oor jou seun se simptome wat beslis die is van 'n erge voedsel allergie! Ek is totaal verbaas dat hy nog geen allergie toetse gehad het nie, want indien sy keel toetrek wanneer hy sekere voedsels eet is sy LEWE IN GEVAAR!. Dit is uiters nodig om so gou soos moontlik 'n pediatriese allergis te raadpleeg. Hierdie spesialis sal besluit oor watter toetse en watter behandeling nodig is.Hierdie spesialiste praktiseer in al die stede in SA.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.