Childhood Diseases

Question
Posted by: lee | 2011/02/16

Q.

Jok en steel

Goeiedag Dokter,

My seuntjie is nou 6 en die afgelope 2 weke kom ek agter dat hy jok oor dinge. Hy vat ook goed by die maaitjies by die skool en selfs van die juf se tafel af, dan se hy vir my dat dit vir hom gegee is. Ek laat hom dit altyd terugneem en omverskoning vra.

Wat is aan die gang met hom?? Wat kan ons doen? Ons is baie bekommerd hieroor, dit is nie nodig vir hom om te steel nie, hy het alles wat sy hartjie begeer..

Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moeilik om seker te wees hoekom jou seuntjie skielik met hierdie gedragsprobleem begin het.Mieskien soek hy die aandag van sy maats of die juffrou by die skool. Hy is beslis oud genoeg om te verstaan dat om te steel en om leuens te vertel is verkeerd en is nie aanvaarbaar nie. Dit is nodig dat hy deur 'n kindersielkundige behandel moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.