Childhood Diseases

Question
Posted by: MOM | 2009/03/04

Q.

ITP

hi, my seun van 10 is january gediagnoseer met ITP. met n telling van 7 is hy opgeneem in hospitaal. Hy is toe op kortisoon gesit vir 6 weke, Eerste 10 dae 3 pille van 20 mg per dag. Toe 2 pille vir die volgende 10 dae. Daarna 1 pil vir die volgende 10 dae. En die volgende 2 weke 1 pil , elke 2de dag. Op verlede maandag het hy die behandeling afgegaan, alles goed en wel. Ons Pediater het geglo dat dit n acute ITP was, en dat dit nie weer sal terug kom nie. En indien dit weer sal terug kom sal dit oor 4-6 weke kom, omdat die kortisoon die immuun stelsel gevul het. Op Sondag het my 2 seuns vir mekaar die rugby bal buite gegooi, soos wat my seun die bal gevang het teen die maag. Het die bloed onder die vel begin deurslaan. Maandag terug vir toetse het dit bevestig ITP is terug. PRESIES 1 WEEK vandat hy van behandeling af is..... Die arme kind het 7 kg opgetel die laaste 6 weke, waarvan hy nog net 3 weer verloor het,... Ons dokter se ons moet hom elke week laat toets, sy wil graag 2 weke wag voordat sy hom weer op pille sit, of wat sy wil besluit om te doen. Ek is ook bang om hom dadelik terug te sit op pille, maar is ook bekommerd oor sy welstand. as hy dalk ernstig seer gaan kry. Ek soek baie graag n tweede opinie, en vat hom reeds oor 2 weke na n groter stad toe, as ons. Nie dat ek haar nie vertrou, maar as ma is ek baie bekommerd, ek slaap net mooi niks. Enige raad. Is dit oor die algemeen ok dat ITP terug kom na n week. Na wat se ander behandelings kan ons kyk. Die milt kan blykbaar uitgehaal word, as hy ouer is en dit nogsteeds terug kom, maar wat doen ons tot intussen. Moet hy op kortisoon bly, hoe gaan hy lyk. Hy word alreeds so erg by die skool gespot. GEE MY ASB RAAD, ENIGE RAAD, WAARNA MOET EK KYK, WAT GAAN MET MY KIND GEBEUR.????????
BAIE DANKIE, EK SAL ENIGE RAAD WAARDEER, EK WEET MY KIND IS NIE U PASIENT NIE, EN DIS NIE ASOF EK NIE MY DOKTER GLO NIE, EK WIL NET GRAAG UITVIND WAT EK MOET VERWAG....

BAIE DANKIE

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek verstaaan jou vraag baie goed en ook die redes hoekom jy so bekommerd is oor jou seun se ITP probleem. In die eerste plek is dit uiters belangrik om hier 'n diagnose te maak. Is dit 'n ITP probleem of is daar 'n ander rede vir sy baie lae plaatjie telling? Hy was al klaar op 'n hoe kortisoon dosis en kursus sonder enige verbetering en met all die newe effekte van kortisoon. Daar is ander metodes vir die behandeling van ITP soos IV immunoglobulien. Maar wat hier eers nodig is is 'n vaste diagnose. Die beste sal wees om 'n pediatriese hematoloog te raadpleeg. Daar is spesialiste in al die stede in SA.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.