Childhood Diseases

Question
Posted by: Zen | 2008/07/21

Q.

Isomil vs Gewone Sojamelk?

Hallo Dr

My dogter was so pas 12 maande oud en gebruik vanaf 5 maande Isomil (voor dit was sy op moedersmelk). Ek sien die meeste formule melke het ' n " follow-on"  formule, maar nie Isomil nie. Wat gebruik ek nou vir haar, of tot wanneer moet ek aangaan met die Isomil 2? Sy is allergies getoets vir melk, eier en neute, vandaar die sojamelk. Ek het bietjie gekyk op die winkelrakke na gewone sojamelk, maar die meeste dui aan dat dit nie as ' n voedsel vir kinders onder 2 jarige ouderdom gebruik moet word nie.

Wanneer is dit veilig om my kleinding in klein hoeveelhede aan suiwel bloot te stel, of moet ek haar eers weer laat toets? Die pediater het destyds gesê  sy behoort die melk en eier allergië  te ontgroei.

Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hou aan om vir haar die Isomil2 te gee tot op 15 maande. Op 15 maande sal dit 'n goeie idee wees om haar weer te toets vir melk allergie. Indien sy nog positief is kan sy aangaan met die Isomil2 tot op 18 maande.Daarna kan sy die gewone soja melk gebruik maar sal moet ektra kalsium neem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.