Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma Jo | 2009/01/26

Q.

Is hy gereed?

My ouers het na my seun (Februarie 4 jaar) gekyk. As gevolg van omstandighede buite ons almal se bereik moes ek hom en sy boetie (Februarie 1 Jaar) by ' n kleuterskool inskryf. Elke oggend as ek hom wakker maak om gereed te maak vir skool huil hy aan een. Hy huil van die huis af tot by die skool. Daar huil hy nog vir ' n hele ruk voordat hy begin kalmeer en met speelgoed speel.

Is dit natuurlik? Hoe lank moet ek hom kans gee om aan te pas voordat ek kyk na ' n ander skool of ander alternatief. Is dit beter as hy by die huis kan bly? Hy is vreeslik bang dat ek hom daar gaan los en nie gaan kom haal nie. Hy weier dat ek gaan werk. Maar as hy by sy ouma is, is hy fine?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wees geduldig. Hierdie gedrag is tipies van 'n kind met skeidings angs. Jy moet gereeld vir hom verduidelik dat jy hom na skool sal kom haal. Met tyd sal hy gewoond raak aan sy nuwe skool en omstandighede.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.