Childhood Diseases

Question
Posted by: teardrop | 2012/06/06

Q.

is ek ''n slegte ma

ek voel soos ''n slegte ma dr.

dalk voel enige ma so maar as ek na my dogtertjie kyk voel dit asof ek nooit aandag aan haar gee nie.

ek werk van 8-5 en as ek bd huis kom is dit kosmaak ens.

ek probeer soveel moontlik tyd saam haar spandeer maar dit voel nie goed genoeg nie.

ek sal bv saam haar bad, 1x ''n maand uitvat vir ''n roomys net ek en sy.

sy sal in my arms le en tv kyk en vashou.

soms by my sit as ek besig is om kos te maak.

sy het ''n nuwe ding wat my bekommerd maak. as ek met haar raas dan suig sy haar duim of byt haar hand. dis abnormaal vir my.

ons het haar uiteindelik terug in haar kamer en id aand raak sy by ons aan die slaap dan dra ons haar terug na haar kamer.

ek en sy sal soms saam inkleur.

die naweek bv was ons na ''n braai toe en ek moes omtrent die hele tyd by haar id huis sit sy wou nie alleen wees die hele tyd nie.

sy is die enigste kind want ek mag nie nog kinders he nie.

sy geniet ook vreeslik om tv te kyk wat ek ook dink my skuld is.

wat maak ek?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is glad nie nodig om sleg te voel nie. Dit is my opinie dat jy 'n baie goeie ma is en dat jy elke dag en nag kwaliteit tyd en aandag aan jou baba gee.Jou ondervinding is ook die van baie moeders deesdae aangesien dit nodig is dat byna almal moet werk. Hou aan om te probeer om soveel tyd soos moontlik aan jou baba te gee.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.