Childhood Diseases

Question
Posted by: E | 2008/10/03

Q.

Is dit drome/nagmerries?

Goeie dag dr
My 11mnde oue kleindogter is pragtig en mooi gesond. Sy is in dagsorg en vreeslik vriendelik met almal en geensins inkennig. Sy is ' n kind wat baie lief is vir rof speel - hoog swaai, in die lug gooi ens. en dan lag sy uit haar maag uit. Sy is baie roetine vas. 7uur word sy gebad, half agt sit ons haar nagdoek aan en net voor 8 drink sy haar laaste bottel. 8uur is sy so uit soos ' n kers.
Maar dan so teen half 10 begin sy vreeslik huil (eintlik gil) en as jy haar optel is sy nie eens bewus daarvan nie. Troos help niks - sy kom self weer daaroor. Is dit dalk drome/nagmerries wat sy kry?
Sy slaap daardeur tot die volgende oggend net voor 7.
Baie dankie vir al jul terugvoering - Waardeer dit opreg baie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie. Ek vermoed dat jou baba kleindogterjie 'n baie algemene stadium deurgaan dws nagmerries of 'night terrors' Hierdie stadium sal nie lank aanhou nie. Dit is wel nodig om na haar toe te gaan en om haar te troos wanneer sy wakker skrik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.