Childhood Diseases

Question
Posted by: Melissa Lavender | 2011/06/20

Q.

Hulp asseblief!

Goeie Dag

My 3 jarige seun kla nou al vir 3 dae van pyn in sy nek en rug as hy in die oggend op staan en dan na ''n halfuur as hy wakker is kla hy van pyn in sy in die vou van sy bene (Die gedeeldte agter die knieg wat die buiging moonltik maak.
Hy het ook ''n probleem met sy mangels, hy kry elke 3 - 4 weke mangelontsteking en glo nie dis gesond om elke keer antibiotika te gee nie. Hy het op die oomblik ook erge maag krampe en gooi op as hy moet eet, maar dis meestal net slym. Hy hoes ook baie sleg wat ook daartoe lei dat hy slym opgooi. Die ma is al moedeloos! As U asb net vir my kan sê  wat ek moet doen om my kind gesond te kry asb.

Dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou seuntjie die simptome van 'n toestand met die naam 'meningisme' as gevolg van jou seuntjie se herhaalde mangelonstekings. Die simptome van meningisme naboots die van meningitis maar daar is geen breinvlies onsteking nie.Hy het ook die simptome van 'n ander toestand met die naam 'mesenteriese adenitis' wat ook as gevolg van sy mangelonsteking voorkom. Hier swel die kliere binne sy maag en veroorsaak sy maagkrampe. Dit is nodig om sy pediater te raadpleeg om 'n vaste diagnose te maak. Hy het seker nog 'n antibiotika nodig. Daarna is dit uiters nodig dat jou seuntjie se mangels uitgehaal moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.