Childhood Diseases

Question
Posted by: Anna | 2009/11/26

Q.

Huil uitbarstings

Goeienaand dokter, ek wil net asb graag uitvind wat met my baba aangaan. Hy is 14 weke oud en weeg 7kg, die afgelope 3 dae drink hy nie al sy melk nie, drink net ' n bietjie maar meer gereeld en dit is asof hy heeltemal uit sy roetine is, het gewonder is dit omdat dit so warm by ons word. Hy het vanaand ook net skielik begin huil sommer erg en wou nie eers ophou nie toe raak hy aan die slaap, dit is nou al die 4de keer wat hy begin om erg te huil en nie op te hou nie, hy is ' n baie soet baba en verstaan nie raak hy met tye oormoeg of wat presies aangaan nie. Kan dokter asb raad gee. Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is baie moeilik om ja vraag te beantwoord aangesien daar baie redes kan wees vir sy huil uitbarstings. Hy is nou 'te oud' vir die gewone koliek. Miskien het hy nou begin met sy tandekry. 'n Ander moontlikheid is dat hy 'n refluks probleem begin het.Nog 'n montlikheid is dat hy oorpyn het. Aangesien hy so gereeld en erg huil moet daar erens 'n probleem wees en dus sal die beste wees om sy pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: sharon | 2009/11/27

what is mild colonic faecal loading

Reply to sharon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.