Childhood Diseases

Question
Posted by: Sorina | 2009/01/30

Q.

Huil homself ' bewusteloos' 

Van geboorte af kon ons sien dat my seun(nou 2,5 jaar) ' n vreeslike temperament het.
Wanneer hy ' n ' tantrum'  gooi of fisies baie seer gekry het om een of ander rede sal hy begin so huil dat hy nie asem haal nie. Hy word blou in die gesig en raak leweloos. Ons het al agtergekom dat wanneer ons sy arms in die lug optrek en bietjie in sy gesig blaas hy weer sy asem sal ' terugkry' . (Dit vat partykeer ' n paar keer se blaas en arms oplig) Wanneer hy dan deur die episode was het die huil sommer opgehou en hy sal sommer aan die slaap raak.
My dogter is nou 8 maande oud en dit wil voorkom of sy dit ook dalk sal doen, want sy toon dieselfde temperament as haar boetie.
PS - Hy het hom so ' uitgehuil'  nog voordat ek swanger was met haar.

Dankie
Wat kan die oorsaak hiervan wees en wat kan ons daaromtrent doen.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort gedrag kom baie dikwels voor onder hierdie ouderdoms groep. In Engels word dit 'breath holding' genoem. Jou beskrywing van die episodes is baie goed. Jy doen die regte dinge met elke aanval. Hy sal later hierdie gedrags probleem heeltemal ontgroei.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.