Childhood Diseases

Question
Posted by: lee | 2010-05-04

Q.

Hoeveel melk?

Goeiedag Dokter,

My dogtertjie is 22maande. Sy weeg 9 kg (ek en my man is klein en fyn, sy is getoets en sy is 100%), dus is sy op Pediasure melk.
By die kleuterskool in die dag het sy ''n gebalanseerde spyskaart en ek pak haar 150ml melk in om te drink teen slaaptyd in die middag.
Saans is sy nie eintlik honger meeste aande nie, aangesien sy so goed by die skool eet. Sy gaan slaap so 18.30 en dan drink sy ongeveer 400ml melk in die nag (veral as sy nie saans baie geeet het nie).
Nou het haar juffrou by die skool vir my gese dat ek vir haar slegs 1 bottel melk in die nag moet gee en daarna water of swart tee.

My vraag is net - het sy nie al die melk nodig wat sy kan kry nie? Ek gee nie om om in die nag op te staan en vir haar melk te maak nie - dit is ook nie eens elke aand nie. Meestal hou 1 bottel van 220ml haar heel nag.

Ek sal u raad waardeer.

Baie dankie!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die gemiddelde gewig vir 'n meisietjie van 22 maande is 11kg. Jou dogtertjie se gewig is onder die 10de persentiel, die laagste 10% onder meisies van haar ouderdom. Sy het al die voedsel nodig het wat sy sal eet. Dus is dit nodig dat sy moet aanhou om snags haar melk te drink.Ek sal net aanraai dat haar bloed getoets moet word om seker te maak dat sy nie 'n yster tekort het nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.