Childhood Diseases

Question
Posted by: Yolande | 2008/08/10

Q.

Hoes nog steeds

Ek is nou goed gatvol. My 2 kinders is alweer siek. 2 weke gele wat hulle alby dr toe, diagnose sinusontsteking by albei (5 jaar en 2 Jaar)

3 leke later en ek sit weer met my kinders by die dr. Kinders sit met loopneuse, toe neuse en slym op die bors. Het toe AB gekry, waarmee hulle al amper op is, SinuMed stroop en Pynmed. Deur dit alles hoes my kinders nogsteeds en die neuse bly waterig. Walter (5) het keelinfeksie / sinusitis gehad enAnja (2) mangelontsteking / sinusitis.

Hulle is normaalweg op Deselex maar die dr het gesê  die antihismatien kan net vir ' n sekere aantal maande gebruik word voordag die liggaam dit verwerp. Hulle is nou amper 4 mnde op dit. Wat anders kan ek nou vir hulle gee, want hulle suffer behoorlik nou. Allergex het ek probeer maar geen positiewe reaksie gekry nie.

Help asb!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort storie hoor ek elke dag veral gedurende die winter maande.Kinders tel een ontsteking na die ander op veral as een van die kinders gereeld of 'n creche of 'n kleuterskool bywoon waar een of ander van die ander kinders gereeld siek is. Daar is letterlik honderde verskillende viruse wat die simptome van 'n erge verkoue of hierdie soort simptome wat tans jou kinders pla veroorsaak. Natuurlik aangesien dat die oorsaak van die probleem 'n virus is, sal antibiotikas niks help nie. Dit sal minstens 3 weke neem voordat jou kinders weer gesond raak.Gebruik Salex neusdruppels soggens en saans om hulle neuse oop te maak en die sluim te stop.Antihistamiene soos Deselex en Allergex sal niks help nie aangesien hierdie probleem nie deur 'n allergie veroorsaak word nie. Wees geduldig. Hierdie is 'n probleem van die vroee kinderjare.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Brian | 2008/08/11

Ons het dieselfde probleme ondervind vir meer as 3 maande. Ons dogter bly siek met chroniese hoes en was op al watter antibiotika.....tot hier toe en nie verder. Ons het haar vir allerlei toetse laat gaan en tot ons vebasing is sy alergies vir verskye produkte sowel as ' n lys van ander allergie.....sy gaan nou oor na kortisoon behandeling vir een maand om die alergie op hok te slaan waarna ons hoop om haar eet gewoontes en ander reg te stel.......ons hoop dit sal die oplossing wees!!!!!

Reply to Brian

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.