Childhood Diseases

Question
Posted by: Mamma | 2011/11/23

Q.

Hoes na melk

Middag Dokter,

Ek wil maar net dokter se opinie hoor. My dogtertjie is nou 3 jaar oud en was van kleins af op Laktose vrye melk (van 1,5 was sy sommer op die Parmalat Lactose Free boks melk). Ons het geglo sy is allergies vir laktose of sensitief vir dit want sy was maar altyd moeilik op gewone melk en soya melk.

Ek het nou so 2 maande terug haar mangels laat uithaal (na omtrent 10 mangelontstekings en baie siek wees). En terwyl sy onder narkose was het ek sommer ''n allergie toets gevra, wat negatief terug gekom het.

Ek het haar nou op gewone 100% Parmalat boks melk gesit, maar joe, sy hoes weer regtig erg. Dis so nat hoesie.

Ons kom ook agter sy hoes in die aand na sy rooibostee gedrink het met melk en dan verder niks deur die nag nie. En dan weer in die oggend as sy wakker word, weer na die tee.

Kan dit die melk wees (al is dit net bq melk saam tee)? Of is dit net ''n post-nasale hoes wat sal weg gaan?? (Ek spuit elke aand Nasonex in elke neusgat vir meer as ''n week al, maar dit raak nie beter). Of dalk die nagevolg van die mangels verwydering?

Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek stem saam dat dit heel moontlik is dat jou dogtertjie allergies kan wees vir melk. Hierdie is nie 'n laktose intoleransie nie,maar wel 'n egte allergie vir melk.Haar hoes kan wel een van die simptome van asma wees. Dit is nodig dat sy deur 'n pediatriese allergis ondersoek moet word en die nodige toetse doen om 'n vaste diagnose te maak.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.