Childhood Diseases

Question
Posted by: Blanche | 2008/08/14

Q.

Hoes

My dogtertjie (5 1/2 maande) is gediagnoseer met Brongiolitis. Die Pediater het vir haar ' n pompie voorgeskryf, wat volgens die pamflet vir asma is. Is dit normaal om vir so ' n jong baba sulke medisyne voor te skryf, 2 x ' n dag, daar staan ook op die pamflet dat dit vir kinders bo 6 jaar bedoel is...ek het dit vir haar een oggend gegee en sy het die hele dag opgebring as sy begin hoes, het niks van haar meld ingehou nie. Ek het dit toe nie vir haar gegee gisteraand nie, sy het wel nog gehoes maar darem geen van haar melk opgebring nie. Verder is sy glad nie moeilik nie, lag en speel etc. Geen koors. Drink haar melk.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is gewoonlik nie nodig om enige pompies soos Asthavent vir babas met brongiolitis te gebruik nie. Die newe effeekte is erger as enige goeie effekte. In elk geval is brongiolitis 'n virus ontsteking en die ergste simptome van die siekte is gewoonlik iets van die verelde na 5 tot 7 dae. Jou baba is reeds op pad om te herstel en is heel gelukkig en drink goed.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.