Childhood Diseases

Question
Posted by: Katryn | 2009/11/04

Q.

Hiperaktiewe seuntjie

Ek wil dringend hulp vra my seuntjie is desember 6 jaar oud. Ons het so jaar terug n dogtertjie gehad. My seun is n baie oulike en slim seun, maar hy' s vreeslik hiperaktief,selfsugtig en aggressief. Hy sal een oomblik rustig wees en die volgende oomblik net heel aggressief en hiperaktief raak, goed rondgooi, sy tande op mekaar kners en my dogtertjie wil gooi of seermaak. Hy wil nie alleen speel nie, wil nie sy speelgoed/aandag deel nie. Hy soek altyd n grootmens om hom besig te hou en wil niks onafhanklik doen nie. Ek het gedink hy' t dalk ADD, maar tog by die skool kla sy juffrou nooit oor gedragsprobleme of dissipline nie. My man werk baie weg van die huis, maar probeer soveel aandag as wat hy kan aan hom gee as hy wel by die huis is. My seun gun my en my man nie n gesprek of n halfuur 7de Laan nie sonder om heel uit te hak nie. Hy luister nie as hy pak kry nie, kamer toe gestuur word vir Time out nie of op sy " groen stoel"  moet sit nie hy verloor dit heeltemal en sal dan my of my man gooi met iets of wil slaan. As ons goed van hom af wegvat soos sy playstation/dvd' s/speelgoed se hy vir ons hy gee nie om nie. Dit pla hom glad nie. Hy terg sy sussie en knou haar vreeslik af dis sy lewe om haar af te knou en sy is baie rustig, speel op haar eie ens. Hy sal haar dan altyd pla en haar speelgoed afvat of haar slaan. Ons huis staan gedurig op sy kop oor sy gedrag ek en my man is moedeloos. As u enige raad het sal ek dit vreeslik waardeer.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou seun se gedrag is nie die van 'n kind met ADHD nie en boonop vorder hy goed op skool. Deel van sy probleem is beslis die feit dat sy pa baie weg is van die huis.Jy het al die regte dinge probeer om sy gedrag te verbeter sonder enige sukses.Die beste sal wees om 'n kindersielkundige te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Anon | 2009/11/04

Katryn - kyk betjie na die immergroen dot co dot za webwerf - jy sal baie oulike advies daar kry.

Reply to Anon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.