Childhood Diseases

Question
Posted by: Help ASB | 2012/08/14

Q.

Hiperaktief

My dogtertjie is nou 3 en ''n half jaar. Sy is vreeslik hiperaktief. My pediater het haar op Risperdal 0.5 mg gesit en sy drink dit nou al ''n geruimde tyd. Dit lyk my nie die pilletjie werk nie. Sy luister glad nie meer vir ons nie. Sy het haar woede uitbarstings en tantrums wat sy gooi. Ek sukkel elke liewe aand en oggend met haar om haar aangetrek te kry. By die skool is sy ok maar sodra sy by die huis kom dan begin dit. Sy raak gou verveeld. Sy steur haar glad nie aan my nie sy luister eenvoudig net nie. Sy sal ons sommer begin slaan. Ek is raad op en moedeloos sy slaap ook baie sleg in die nag. Sy slaap nog by ons in die kamer ek weet ek moet haar uiskuif. Kan iemand help asb.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is beslis 'n baie groot probleem. Dit is moontlik dat die Risperdal jou dogtertjie se hiperaktiewe gedrag vererger het.Haar 'temper tantrums' is baie erg en die gewone aanbevelings vir die behandeling van hierdie gedragsprobleem sal nie help om dit op te los nie.Sy is nou oud genoeg om deur 'n kindersielkundige ondersoek en behandel te word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Elsie | 2012/11/24

Reply to Elsie
Posted by: Mariska | 2012/08/20

Ek was by die pediater en hy het aanbeveel dat ek stelsel matig haar van die Risperdal afhaal. EK is besig om dit te doen, en ek haar suiker ook heelwat gesny. Dit gaan al bietjie beter. Ek dink persoonlik dat dit die Risperdal was wat haar " temper tantrums"  so erg gemaak het. Ek moet haar weer oor 2 weke terug vat, maar die dokter sê  hy kan nie dink dat my pediater haar ooit op Risperdal gesit het nie sy is nie eers veronderstel om dit te gedrink het nie. Sy ly nie aan een of ander disorder nie.

Reply to Mariska

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.