Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2011/10/10

Q.

herhalende longinfeksies

middag dr

my seun van amper 3jr oud se mangels is laasjaar desember uitgehaal weens herhaalde mangelontsteking 7 keer in een jaar.
van daar af sukkel ons nou met herhaalde longinfeksies hy was feitlik die hele winter gesond nie eers loopneus gehad nie maar nou vir die afgelope 3 mnde kry hy amper een keer `n maand longinfeksie.

hy het vrydag begin met koors ek het dit behandel met panado daar was geen loopneus of toe neus omdat hy tans op deselex asook avamys is. saterdag was die koors nogsteed daar gedraai by die 39 grade ons het setpil ingesit wat gewoonlik baie goed help maar hierdie keer het dit vir so 4 ure gehelp dan is die koors terug, gisteraand was sy koors baie hoog 40.5 ons kon nie ons Gp of ons pediater in die hande kry nie! het ongevalle dr gesien en hyt gese dis my kind se mangels maar hy het dan nie eers mangels nie so ja het breespektrum antibotika gegee. vandag draai sy koors nogsteeds by die 38. so eks verward, hy het vir die afgelope week `n baie slegte eetlus en bly net dors en is baie huilerig.

hy is nie in `n creche of dagsorg nie en is by my deur die dag ek gee alreeds vir hom Viralguard Chews, Zinplex stroop en gereeld Probiflora junior chews

wat kan die probleem wees??? enige raad of mening sal baie wardeer word

baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Gewoonlik kom hierdie soort probleem voor in jong kinders wat 'n creche bywoon. Aangesien dat jou seuntjie herhaalde longinfeksies kry en nie 'n dagsorg bywoon, is dit nodig om die rede te vind hoekom hy hierdie herhaalde borsontstekings kry. Daar kan verskeie redes wees vir hierdie probleem.Dit is nodig om 'n diagnose te maak en daarom sal ek aanraai dat jou seuntjie deur 'n pediatriese pulmonoloog ondersoek moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.