Childhood Diseases

Question
Posted by: K | 2012/07/17

Q.

Help asseblief.

Hi dok.
Ek het biki raad en hulp nodig. My seuntjie is nou 8 en ''n half maande oud, het sy eerste twee tandjies onder, nog nie tekens van die boonstes nie (alhoewel jy kan die tandjies in die tanvleisies sien, sommer ligte pienk partykeer). Hy gaan kleuterskool toe al van 3 maande en geen probleem gehad nie, en hys oor die algemeen nie ''n moeilike kind nie. Die laaste tyd is hy verskriklik huilerig by die skool, skree huil partykeer, en die juffrou en assistent sukkel met hom want hy wil net die heel tyd in die arms, en slaap nie so goed soos wat hy altyd geslaap het nie. Op die oomblik is hy besig om gesond te word van biki bors moeilikheid, ek het ook opgetel hy''t bietjie sproei in sy mondjie, ek neem aan dis agv die antibiotika. By die huis is hy okay, maar ook geneig om te huil en slaap baie minder as wat hy moet dink ek. EK het van gister af vir hom goedjies in die mondjie begin sit vir die sproei. So ek wonder net wat kan dit dalk wees. Dalk al die medisyne wat sy magie laat pyn? Tande? die sproei in sy mondjie? Omdat hy bietjie siekerig is? of dalk ''n fase van skeidings angs? Hy word ook wakker in die aande, maar ek geen sy dummy dan dudu hy verder. EK is moedeloos, want al wat ek by die juffrou hoor is, o hy het die heeldag so gehuil en ek is so bly julle kom haal hom, en ek verstaan sy bedoel dit nie so nie, maar my man neem verskriklik aanstoot daaruit. Hy se dit voel of sy net moan omdat die kind net skree en huil die heeldag en dankie tog hy gaan nou huis toe. Dit voel of sy net die heel tyd oor hom kla. Ek voel ook jammer vir hom omdat hy so baie huil en ek weet nie meer rerig wat om vir hom te doen nie.
Enige raad of advies?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy het beslis die regte diagnose self gemaak. Ek stem saam dat jou baba seuntjie erg skeidings angs het gepaard met die feit dat hy tans ook besig is om tande te kry. Hierdie is veral die ouderdom wanneer babas gewoonlik tekens van skeidings angs begin wys. Is dit miskien moontlik dat hy liewers die dag by Ouma se huis kan deurbring of indien dit nie moontlik is nie,'n goeie baba oppasser kan aanstel om hom by die huis op te pas.Die sproei in sy mond is agv die antibiotika.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.