Childhood Diseases

Question
Posted by: bekommerde pa | 2008/06/07

Q.

Help asb, enige iemand

My dogetrjie van 6 maande bly siek, sy was 2 weke terug in die hospitaal met mangels en keel infeksie.Sy wou nie haar melk drink nie en het selfs na sy gesond was nie melk gedrink nie. Sy was op isomil gewees.Toe spreek ons die pediater en ek noem aan hom dat ek op bokmelk was toe ek baba was en hy het toe voorgsetel dat ons dit probeer.Dit wwerk soos `n bom en sy drink dit nog heeltyd, dit is Alpi poeier bokmelk.Verlede dinsdag aand het sy begin koors opbou en is die woensdag oggend 4-uur opgeneem in die hospitaal omdat haar koors nie wou breek nie.hulle het nou al toetse gedoen van dan af tot nou toe en kon net `n keelinfeksie(baie hoog} optel.Sy is al vir 4 dae op baie sterk antibiotika.Wanneer haar koors opbou dan gee hulle vir haar `n middel op setpil en dan kom dit af tot omtrent 35 en dan binne `n kwessie van 2-3 ure dan is dit weer 38.Vandag was dit eenkeer so 9 uur uitmekaar uit en daarna toe begin dit weer.Sy het so gelerige skynsel maar hulle het vir geelsug getoets en dit wys niks.Ek is regtig al raadop en begin nou ernstig bekommerd raak oor die situasie.Wat familie geskiedenis aanbetref is ek `n diabbet maar het dit nie ge-erf nie.Kan dit iets te doen he?Kan die bokmelk dalk `n oorsaak wees en watter ander melk kan ons gebruik want sy akkodeer nie met isomil of enige ander formule wat beesmelk bevat nie.

As enige iemand raad het of weet van iets sal dit waardeer word.Ek het al gelees dat bokmelk een of ander kiem kan bevat en dat bokmelk onveilig is vir baba`s maar ek het dit tog ook gedrink as baba.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Is hierdie vraag aan die pediater gerig of aan 'enige iemand'? Laat weet aub en ek sal bly wees om te antwoord.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: bekommerde pa | 2008/06/08

Dis aan die pediater gerig, ek is al raadop

Reply to bekommerde pa

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.