Childhood Diseases

Question
Posted by: teardrop | 2012/05/23

Q.

help asb

dr,

ek weet nie meer of ek reg of verkeerd is nie.

my dogtertjie is 5 jaar oud. ons het haar 3 weke terug na haar eie kamer toe geskuif. dit was ''n sukkel sy het elke aand wakker geword en dan wou sy weer by ons kom slaap.

sy was baie sieklik gewees en ons het altyd of langs haar geslaap in haar kamer of sy het op ''''n matras langs ons geslaap.

ek weet sy moes al vroeer in haar eie kamer geslaap het maar alles was omstandighede gewees wat daartoe gelei het.

sy was nou weer die afgelope week siek so ons het haar weer in die kamer langs ons op ''n matras laat slaap.

ons huis is verskriklik koud en veral haar kamer.

ons het besluit om haar die lente weer terug te skuif na haar kamer toe en dan haar eie beddegoed ens nuut te koop.

ek voel skuldig as ek met haar raas en sy het ''n nuwe ding sy suig haar duim of hand as sy raas kry.

ek voel soms soos ''n hond maar ''n mens kan nie laat hul met alles wegkom nie.

wat my ook dalk skuldig laat voel is omdat ek lang ure werk en werk elke dag met siek mense en dink dis wat dit ook beinvloed dat ek skuldig voel.

help watter kan toe?

ons het haar gese as sy in haar eie kamer slaap kry sy haar kamer soos sy hom wil he.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nou al hoog tyd dat jou dogter in haar eie slaapkamer moet slaap. Dit is glad nie nodig om sleg te voel nie. Sy sal alles in haar vermoe probeer om weer in jou bed te slaap aangesien sy gewoond is om dit te doen.Wat nodig is om seker te maaak dat haar kamer nie koud is nie. Dit kan maklik gedoen word deur om 'n verwarmer deur die winter maande te gebruik op die laagste moontlike stelling.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: Annon | 2012/05/24

Ons seuntjie was laas jaar baie siek toe is hy weer terug in die bed en baie ma en pa vas, was baie by die dr en bloed getrek en toetse gedoen. Nou sukkel ons maar om hom terug te kry in sy eie bed maar soos ek gese het die liggie werk en dan moet jy miskien by haar le en ''n storie lees tot sy slaap en soos dr se sorg dat haar kamer nie te koud is nie of miskien ''n radio in haar kamer sit wat sagies deur die nag speel. Sterkte!

Reply to Annon
Posted by: Annie | 2012/05/24

Ek dink nie jy is verkeerd om haar te belowe sy kan haar eie duvet kies nie!
Probeer miskien iets soos as sy twee aande in haar eie bed slaap kan sy self n duvet gaan kies?
Dan moet sy darem iets van haar kant af doen voor sy die beloning kry.
Gelukkig het ons dogtertjie perongeluk na haar eie kamer oorgeskuif toe sy 5 maande oud was.

Reply to Annie
Posted by: teardrop | 2012/05/23

ons het al tot dat sy met die lig aanslaap maar dit werk ook nie. sy slaap ''n rukkie dan doen sy dit.

ek is raadop!

is dit verkeerd dat ek vir haar se ek sal vir haar die nuwe duvet koop maar sy moet in haar eie bed slaap?

ongelukkig mag ek nie nog kinders he nie so sy gaan die enigste ene wees.

Reply to teardrop
Posted by: Annon | 2012/05/23

Hi,

Ons het min of meer die selfde probleem gehad. Ons seuntjie het koliek en so gehad so hy was permanent in ons bed of in ons arms. Hy is nou 4 en het ook gesukkel om in sy eie kamer te slaap, hy kom klim nog van tyd tot tyd by ons in die bed dan vat ons hom terug omdat ons babatjie nou in ons kamer slaap in haar kot en hy moet net eenvoudig verstaan ons kan nie almal in 1 kamer slaap nie en dat hy nou ''n groot kind is. Sit vir haar ''n liggie/lampie in die kamer iets wat oulik is soos daai lampies met die vissies wat so draai of ''n liggie wat jy in die muur in prop of ''n liggie wat jy by ackermans kry wat met batterye werk met ''n barbie prentjie op wat jy net druk of een van daai liggies by die hardeware winkels wat as jy beweeg gaan dit vanself aan. Sterkte, dit raak beter.

Reply to Annon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.