Childhood Diseases

Question
Posted by: tears | 2008/07/14

Q.

help asb!!!!

HI dok.

Ek het hulp nodig asb.

My dogtertjie is nou 'n week uit die hospitaal nadat sy vir 'n week lank opgeneem is met adeno virus.

Vandat sy terug is by die huis slaap sy nie een aand deur nie. Ons het selfs nou 'n klein bedlampie aan, 'n klein sagte speelding maar dit werk nie. Sy raak net rustig as haar pa in die omgewig is en langs haar op die bed gaan le. Sodra sy wakker word en hy is nie daar nie dan begin die huil van vooraf.

Ons het haar al probleer los om net te huil maar dit werk nie sy hou net aan.

Die pediater het ook vir my gese ek moet haar nou slegs 500ml melk 'n dag gee. Sy is nou 17 maande.

Sy eet ook nie baie goed nie.

Kan ek vir haar nou viral guard gee vir haar immuniteit? Sy het gewoonlik chrecheguard gebruik.

Ons is albei oormoeg en baie bekommerd.

Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie gedrag en slaapprobleme gebeur baie dikwels in kinders van hierdie ouderdom nadat hulle in 'n hospitaal opgeneem is. Dit is net 'n stadium en behoort nie baie lank aan te hou nie. Julle doen al die regte dinge en dit is nodig om nou baie geduldig te wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.