Childhood Diseases

Question
Posted by: e | 2009/03/18

Q.

hees stem

Middag dr, my seuntjie van 3 se stem is vir die afgelope 3 weke baie hees - klink of stem breek - maar geen koors of seer keel nie. IS daar nodig om bekommerd te wees?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar moet 'n rede wees vir jou seuntjie se hees stem. Die gewone oorsaak is 'n virus ontsteking van die stembande. Hierdie soort ontsteking gaan baie gou verby, gewoonlik na drie tot vier dae. Aangesien jou seuntjie nog aanhou met sy hees stem sal die veiligste plan wees om sy pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: John | 2016/07/17

hi dok. ek is n 43 jarige man. Ek het n hees stem vir die afgelope drie weke. Ek was by die dr maar niks help nie. Ek het nie n seer keel of iets anders nie. Verlede jaar het ek dieselfde problem gehad en was my stem heel weg. Het u dalk raad.dankie

Reply to John
Posted by: Conrad | 2014/10/30

Ek sit met dieselfde probleem. Ek werk in n Call Centre en verlede jaar die tyd het ek Larygitis gehad. Was amper afgeboek vir n maand lank. Ek was by keel spesialiste maar dit wil net nie reg kom nie. Daar is gedurig slyme op my keel(stembande) en ek weet nie meer hoe dit voel om nie met n keelseer op te staan of te gaan slaap nie. Voel soos raspers in my keel. Ek het keelseer vir die laatse jaar lank elke dag. Ek suig halls suiglekkers asof dit uit die mode gaan maar niks vat die seerheid weg nie. Ek het al begin om in oggende en aande lou warm water met sout te gorrel en drink in die oggende n eetlepel heuning met borsdruppels, maar niks help nie. Ek is so moeg van so sukkel en niemand wat my kan help nie. Hoop iemand lees en kan my help of raad gee.

Reply to Conrad
Posted by: Jessica vd walt | 2013/07/03

Hi dok!! My seuntjie is 6 maande oud hy is nou al vir die afgelope 3 dae hees wat kan dit veroorsaak moet ek bekomerd wees?hy was tweedae terug by die pediater hy het niks opgetel nie, nie eens agter gekom dat ons seun hees is nie. Dankie dok groete jessica

Reply to Jessica vd walt

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.