Childhood Diseases

Question
Posted by: Anna | 2011/07/15

Q.

Hartseer&  huilerig

Ek en die pa van my dogtertjie(3) is vroeë r die jaar uitmekaar, en al het ek geweet dit sal ''n uitwerking op haar hê , het ek nie besef hoe drasties dit sou wees nie. Sy sal deesdae nog saam met maaitjies speel en baljaar, en ewe skielik onttrek en in trane uitbars. Dit sal ten minste twee keer ''n dag gebeur.
Tydens die skeidings proses het dit maar rof gegaan in ons huishouding en ongelukkig soms in haar teenwoordigheid. Maar vir die afgelope paar weke sal ons drie dingetjies op ''n naweek saam gaan doen (pappa bly omtrent ''n uur sy ry van ons af)- ter wille van my dogtertjie maar ook omdat ek en haar pa nou baie beter oor die weg kom en dit regkry om vriende te wees. Maar daar was nog geen verandering in haar gedrag nie. Sy is steeds baie hartseer en huilerig.
Is ''n sielkundige ons enigste hoop om hierdie probleem op te los? Of hoe moet ek/ons as ouer/s dit hanteer?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag en is ook goed gestel. Ek vermoed dat die rede dat jou dogtertjie nog so hartseer is is omdat haar pa nie meer by die huis is nie. Boonop bly hy redelik ver van haar, minstens 'n uur se ry. Jou dogtertjie is maar net drie jaar oud en dit is uiters moeilik vir haar om hierdie nuwe omstandighede te aanvaar.Julle het al probeer om haar meer gelukkig te laat voel sonder enige verbetering. Die beste sal wees om 'n kindersielkundige te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Anna | 2011/07/18

Dankie Dokter, ek sal so maak.

Reply to Anna

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.