Childhood Diseases

Question
Posted by: CD | 2010-11-16

Q.

Harige dogtertjie

Toe my dogtertjie gebore is het sy donker haartjies (donsies) op haar ruggie gehad en die verpleegpersoneel by die hospitaal het gesê  dit gaan mettertyd weg. Sy het pas 4 jaar oud geword en het donker hare op haar rugie en die hare op haar bene en arms is ook donker. Sy is glad nie blas nie en het ligte bruin hare en groen ogies, maar die hare op haar lyfie is so donker en baie opsigtelik. Dis nie iets wat ''n mens graag by ''n dogtertjie wil sien nie, en ek voel ''n bietjie jammer vir haar. Sal sy dit dalk nog ontgroei?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is 'n bietjie bekommerd dat jou dogtertjie van 4 jaar nog soveel donker hare het veral op haar rug,arms en bene.Ek glo nie dat sy hierdie probleem nou sal ontgroei nie.Daar is miskien 'n rede vir hierdie toestand soos miskien een met die naam 'congenital adrenal hyperplasia' veral. Ek sal aanraai dat sy deur 'n pediatriese endokrinoloog ondersoek moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.