Childhood Diseases

Question
Posted by: Ize | 2013/01/07

Q.

Hardlywigheid op Beesmelk

Hi Dr,

My seuntjie is 14 maande oud en sukkel vreeslik met hardlywigheid sodra ons hom op Beesmelk oorsit.

Ons het hom op ''n jaar oorgesit vir meer as ''n maand maar die hardlywigheid wou net nie weggaan nie, ons het alles probeer, natuurlike middels vir hardlywigheid, pruimedante, olyfolie in sy bottels ect, maar net mooi niks het gehelp nie. Na ''n maand kon ek nie meer my arme seuntjie sien swaarkry nie en het hom toe oorgesit op Pamalat se 1st growth melk waarop hy baie goed gedoen het, alhoewel hy baie meer melk wou drink as op beesmelk.

Ons het hom nou weer teruggesit op beesmelk en binne die 1ste dag was die hardlywigheid terug, het u enige raad? Hy is andersins ''n baie gesonde kind!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die beste sal wees om jou baba seuntjie terug te sit op die Parmalat First Growth melk. Hy het baie goed gevorder op hierdie melk en dit het sy hardlywigheid probleem ook opgelos.
Hy kan intussen ook rooibos tee,water en verdunde vrugtesap een keer per dag drink.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.