Childhood Diseases

Question
Posted by: Marcelle | 2012/04/18

Q.

Hardlywigheid

My dogterjie is nou 2jaar sukkel met hardlywigheid was by die dokter het medikasie gegee maar dit werk nie en nou 2weke al koors is hoog en besig om tande te wissel, wil nie eet en sy drink weer aan my want kan ek doen ek Huil saam met haar. Hoekom gee die dokters goed en dan werk dit nie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is eers nodig om seker te maak dat jou dogtertjie se dieet vesel, vrugte en genoeg water bevat.Indien die medikasie vir hardlywigheid nie gewerk het nie is dit nodig om weer terug te gaan na die pediater dat hy/sy jou dogtertjie weer moet ondersoek en die regte behandeling vir haar hardlywigheid voorskryf.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: ANNON | 2012/04/20

my dogterjtie was op daardie ouderdom net so hardlywig en sy moes permanent ''n enema gekry het toe kry ek pruim tee en dit het soos ''n bom gewerk maar dis baie skaars mens sukkel verskriklik om dit te kry maar probeer

Reply to ANNON
Posted by: Annie | 2012/04/18

Weet nie hoe lyk haar dieet nie, mense sê  gereeld kinders moet genoeg water drink om te keer dat hulle hardlywig is.

Ek gee vir my dogtertjie (amper 21 maande) pruimsap om te drink. Sommer daai boksies van purity. As dit regtig erg is twee boksies anders net een.
(Het die raad al vir grootmense ook gegee)

Maar jy moet seker wees sy is hardlywig en nie net ongereeld nie. Sukkel om dit uit te kry en klein harde bolletjies.... anders gaan dit diaree tot gevolg kan hê .

As jy dit probeer, laat weet gerus of dit vir haar gewerk het?

Jy kan dan gereeld dit vir haar gee sodat dit haar gereeld hou.

Reply to Annie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.