Childhood Diseases

Question
Posted by: linda | 2011/03/24

Q.

Hardlywigheid

Beste Dokter 
My dogtertjie is 23 maande, en sukkel al ''n hele paar maande met hardlywigheid. As sy dan uiteindelike ''n stoelgang het skreeu sy verskriklik en die stoelgang is baie hard en groot - dat ek my verstom dat dit so groot is en hoe dit uit gekom het. Ek het haar op Latex stroop gehad, maar dit werk nie. Ek het al alles probeer - tot formule melk verander.

Haar magie is ook al van geboorte af baie erg opgeswel. Ek het haar so paar maande terug by ''n pediater gehad wat so gevoel, voel het aan die maag en gese niks is fout.

Dink dokter ek moet maar weer na my pediater toe gaan, OF is daar dalk ''n spesialis wat spesialiseer in die probleem want medikasie help nie, en nie mal oor meds nie, want dit kan beteken sy moet res van haar lewe op meds gaan hiervoor. Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Vrae oor hardlywigheid in kinders kom byna elke dag voor op hierdie forum. Jou dogtertjie se hardlywigheid probleem is beslis baie erg. Ek neem aan dat sy op die regte dieet is en gereeld water en verdunde vrugtesappe drink.Dit is beslis nou tyd om 'n pediatriese gastrenteroloog te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.