Childhood Diseases

Question
Posted by: L | 2010/01/06

Q.

Hardlywigheid

Goeie more dokter,

My 17 maande oue dogtertjie sukkel al van geboorte af met hardlywigheid.

Ek het haar ook al op so baie verskillende melke gehad. Sy is soya en laktose intolerant (of so het ek agtergekom). Soya melk (isomil) het haar ook ongelooflik hardlywig gemaak.

SY was die langste op Nan LF en toe van 13 maande af op Parmalat se Lactose Free boksie melk.

Maar sy sukkel nogsteeds met hardlywigheid (al gee ek hoeveel veselryke kos en baie vrugte).

EK het nou haar van Maandag af op Bokmelk gesit, glo dokter dit sal ' n verskil maak?? Ek is regtig raadop!

Is daar enige ander melk wat ek kan probeer?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogtertjie se hardlywigheid mag miskien vererger word deur te veel melk te drink.Sy moet nie meer as 3 koppies melk elke dag drink nie.Sy moet baie water drink.Vesel is uiters belangrik veral volkoring brood,weetbix,vrugte soos pruime,vye,appelkose,en groente soos veral brocolli,mielies,aartappels en ertjies.Indien sy aanhou om hardlywig te wees sal dit nodig wees om haar pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: KOBIE DE LANGE | 2010/03/17

DAG DOKTER
EK IS VAN TUIS VERSORGING EN VERSORG ''N PERSOON 52JR WIE BEROERTE GEHAD HET, IN JULIE 2009. EK HET HOM OP ''N VESEL DIEET EN DIT GAAB GOED DIE PROBLEEM IS DAT HY NIE ARBEIDS-TERAPIE, SRAAKTERAPIE &  FISIO WIL DOEN SODRA DIE PERSONE HOM DWING OM TE OEFEN NIE. HY WIL OOK TANS NIE UIT SY KAMER BEWEEG NIE EN BAD ELKE 2DE DAG. HY IS OP ANTIDEPRESANTE. SY SLUK DERM IS SOOS EK VERSTAAN OOK GEBRAND DIE NODIGE DOKTERS HET NOOIT EERS NA DIE CD HIERVAN GEKYK NIE NET DIE VERSLAG GELEES. SY KARDIOLOOG REKEN DAAR IS NIKS FOUT MET SY HART NIE MAAR HY KRY PYN OP SY BORS ONDER SY HART. HY HET AL ''N ANGIO GRAM GEHAD HY HET ''N ATIRALE VIBRILASIE OP DIE HART EN GEBRUIK MEDIKASIE.
TANS IS SY DIEET AANGEPAS OM ALLE SURE TE VERMY. EK VOEL OOK DAT SIELKUNDE BY DIE REHAB NIE MET HOM WERK NIE AANGESIEN HY HUL NIE DIE WAARHEID VERTEL NIE. WAT KAN EK MEER DOEN OM DIE MAN TE HELP EN NIE NET 24 UUR NA HOM OM TE SIEN NIE. HY WIL OOK NIE SELF SY LINKER ARM WAT VERLAM IS SELF GEBRUIK NIE. HY WIL OOK DIE HEELTYD NA ''N DOKTER GAAN MAAR LUISTER NIE WAT HUL HOM VERTEL OM TE DOEN NIE. SY LINKER TESTIKEL PYN OOK MET KERE EN SY OOR EK HET SY ORE LAAT TOETS DIE DOKTERS REKEN DIE PYN IN DIE TESTIKELS IS VAN DIE BEROERTE EN SAL TYD NEEM OM TE GENEES. ASB KAN U MY RAAD GEE. DANKIE KOBIE

Reply to KOBIE DE LANGE

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.