Childhood Diseases

Question
Posted by: esme | 2009/02/06

Q.

HARDLYWIGHEID

MY BABADOGTER VAN 4 MAANDE IS OP ISOMIL FORMULE MELK NADAT ONS VERMOED HET SY IS LAKTOSE INTOLLERANT. NOU HET ONS EGTER ' N PROBLEEM. SY IS AL ' N MAAND OP DIE SOYAMELK EN SY IS VERSKRIKLIK HARDLYWIG. DIS NOU AL VIR TWEE WEKE WAT HAAR MAGIE NIE VANSELF GAAN NIE. BRUINSUIKER WERK NIE MEER NIE, EN EK GEE NOU VIR HAAR SO ELKE 3DE DAG ' N SETPIL, EK WEET DIT IS NIE GOED NIE EN DAARMOM VRA EK U RAAD. AS HAAR MAGIE WERK NA DIE SETPILLETJIE INGESIT IS, IS DIT SOMMER SO PAPPERRIGE STORIE, IS DIT NORMAAL. WAT STAAN MY TE DOEN? MY GP HET GESê  EK MOET VIR HAAR OORSIT OP NAN HA, MAAR EK IS BANG , OMDAT ONS VERMOED SY IS LAKTOSE INTOLLERANT.

HELP MY ASSEBLIEF.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba se hardlywigheid word as gevolg van die Isomil voeding veroorsaak.Haar hardlywigheid is so erg dat jy dit nodig vind om gereeld 'n setpil te gebruik. Dit is nodig om onmiddelik met hierdie voeding op te hou.Probeer eers of NAN LF [nie NAN HA nie!] of S26 LF. Ek sal baie graag wil hoor of hierdie fomule haar probleem oplos.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: Intoninty | 2009/04/24

I' m the only one in this world. Can please someone join me in this life? Or maybe death...

Reply to Intoninty
Posted by: XRumerTest | 2009/03/09

Hello. And Bye.

Reply to XRumerTest
Posted by: Piotstingegem | 2009/02/24

Prompt me please, where is it possible to find in the internet information about treatment of eczema?
With kind regards, BELINDA

Reply to Piotstingegem
Posted by: Nuwe ma | 2009/02/06

Ek is eintlik baie bly om te sien ek is nie die enigste ma wat met die Isomil sukkel nie!!! My dogtertjie is nou 6maande en ook vandat sy ' n maand oud is op Isomil. Die hardlywigheid maak my mal!!!

Die enigste ding wat vir haar werk (en ek het al als probeer), is Duphalac. Gee haar 1.5ml in die oggend. Glo my, dis al wat werk!!! Ek het my pediater gaan sien oor dit omdat ek glad nie vir haar iets wou gee om haar magie te help werk nie, maar hy' t my verseker dat Duphalac ' n ' stool softener'  is en glad nie skadelik is of haar magie sal lui maak nie. Moet asb nie die setpille gee nie, dis glo glad nie goed nie!!!

EK kan ook byvoeg dat ek ook al terug gegaan het na NanHA, NanLF, Nan1 ens. En haar magie werk wonderlik op dit maar dan is sy vreeslik moeilik en huilerig en sy ' spoeg'  dit uit.

Kyk maar wat die dokter sê  maar ek dink jy moet haar op die Isomil hou en Duphalac gee. Wat ek ook doen is om vir haar die Purity se Prune& Pear Juice te koop en dan helfde water, helfde sap in ' n bottel te gooi, en so tussendeur voedings laat ek haar dit drink. Dit help ook baie. Sy eet ook die Pear Purity elke middag (geen piesang of appel nie!).

Sterkte!!!

Reply to Nuwe ma

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.