Childhood Diseases

Question
Posted by: Goose | 2008/06/12

Q.

Hardlywigheid

My skoonsuster se kleintjie is 2½ en sukkel vreeslik as haar magie moet werk, tot so 'n mate dat sy meeste van die tyd aan die huil gaan wanneer dit sulke tyd is, daar is ook gereed bloeding in haar stoelgang.
Hulle Paediater skryf dit toe aan 'n vrees wat sy onwikkel het daarvoor omdat sy dit assosieer met pyn en dan toeknyp wanneer dit sulke tyd is, en dan vorm daar 'n 'proppie' om dit so te stel, en daardie proppie is pynlik om uit te druk. Hy stel toe voor dat haar ma moet voortgaan om vir haar lakseermiddels soos Dufelac (poeier) of Laxit (stroop) te gee waarop sy al 'n geruime tyd is.
Sy is 'n baie moeilike eter, haar ma self eet nie groente, vrugte of suiwel nie, met die gevolg dat sy dit ook nie wil eet nie. Sy kry dus nie die nodige natuurlike vesels ens. in om haar magie normaal te laat werk nie. Sy het ook tot baie onlangs nog tot 6 bottels koeimelk in die aand uitgedring maar dit is blykbaar nou drasties verminder. Ek verstaan dat die bogenoemde lakseermiddels nie gewoontevormend is nie en dat dit vir lang periodes gebruik kan word maar sal dit nie oor die lang duur jou spysvertering 'lui' maak om self die kos te verwerk en dit uit te skei nie? Is daar iets ander wat 'n mens kan doen?
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is geen twyfel dat 'n groot deel van jou niggie se hardlywigheid probleem toegeskryf kan word aan haar slegte eet gewoontes. Te veel melk en te min vesel is 'n baie slegte kombinasie in kinders met sulke erge hardlywigheid. Die Duphalac is heeltemal veilig en kan vir lang tydperke gebruik word sonder om haar spysvertering lui te maak nie. Indien sy nie verbeter nie isal dit nodig wees om 'n pediatriese gastroenteroloog te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Nog n mamma | 2008/06/12

Hallo. Jou skoonsuster kan met n geruste hart vir haar aanhou Duphalac gee, dit is glad nie gewoonte vormend nie. Dit is gemaak uit lactulose en is dieselfde middel wat jou dikderm van nature afskei om te help met vertering.
Ek gee dit elke nou en dan vir my kind as sy bietjie hardlywig raak. Gee 5ml poeier in die oggend en 5 ml in die aand vir n paar dae. Dit klink soos n wrede siklus, want sy is bang om te druk want dit maak seer soos dan word sy hardlywig.
Duphalac is die kort term hulp. Jou skoonsuster sal moet probeer dat sy en haar kind meer gesond eet, probeer dit fun maak en gesiggies maak met vrugte, as ma skuld sy haar kind dit.

Reply to Nog n mamma

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.