Childhood Diseases

Question
Posted by: Adell | 2009/03/31

Q.

Hardlywig

Hi,

Ek het 2 keer vantevore gemail - my dogtertjie van amper 7 maande wat van geborte af diaharee gehad het, maar volgens bloed toetse is sy nie laktose intolerant nie. Ons het haar vir amper 2 maande op Allernova (R2000 per maand) gehad, als was perfek, toe sit ons haar geleidelik terug op Infasoy, en nou is sy so hardlywig, ek moet haar help om stoelgang uit te " trek" , so hardlywig is sy. Het gister uit desperaatheid gliserien setpille gaam koop, een ingesit, maar nog altyd net paar ronde balletjies uitgekom.
Haar ped gebel, maar sy sê  is bang vir my dogterjie se maag omdat ons so lank gesukkel het om haar maag te stop!

Wat kan ek doen?
By voorbaat dankie!
Adell

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba is hardlywig as gevolg van die Isomil voeding. Probeer Novalac IT formule.Gebruik nog een gliserien setpil. Indien jou baba nog sukkel moet sy asb deur haar pediater ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Annies | 2009/03/31

My dogtertjie het ook nou erg gesukkel met hardlywigheid. Pediater het laat xtrale neem van haar magie en ' n mens kon sien die derms is vol bolle. Dit is onmoontlik vir hulle om dit uit te kry, selfs met jou hulp. Hy het vir my setpille gegee wat soos ' n ennema werk wat ek een op ' n dag moes gebruik vir 5 dae. Ek moes ook begin met Pegicol (2 x ' n halwe sakkie per dag) Ek gebruik tans net 1x ' n halwe sakkie op ' n dag. Die Pegicol maak die " bolle"  binne in die derm sag. Dis geweldig seer vir hulle om die stoelgang uit te kry, maar by dag 2 lyk dit reeds beter. Kry so gou moontlik hulp. Pediater het ook gesê  dat baie mense sê  die derms word " lui"  as jy gereeld iets soos bv. Pegicol gee, maar hy sê  wat wel die derms lui maak is as dit so verstop raak met al die droë  bolle. Sterkte

Reply to Annies

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.