Childhood Diseases

Question
Posted by: Dad | 2008/09/25

Q.

Grommets

Dr,

My dogtertjie van 10 maande oud het gereeld oor infeksie.Ons was gister by die pead toe lyk dit of sy `n groot verkoue het met loopneus en die lot.Toe sien ons dat sy weer oor infeksie het en blykbaar die slyn veroorsaak en loop neus.Sy het toe met ons meegedeel dat dit dalk gaan nodig wees vir grommets aangesien dit omtrent die 6de keer hierdie jaar was sy dit het.

Ek het nie `n probleem met die prosedure nie maar die narkose deel van die saak maak my bekommerd aangesien sy nou eers 10 maande oud is.Hoe veilig is dit vir haar op die oomblik?Ek is nie `n groot voorstander van sulke goed in babatjies nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba het al ses keer oorontsteking hierdie jaar gehad.Dit is definitief nodig om grommets in te sit. Die operasie is baie veilig en daar is geen rede vir kommer nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Tieta | 2008/09/25

Hallo daar Dad

Ek verstaan jou siening van narkose. My baba dogtertjie is op 6 maande ouderdom grommets ingesit en haar adenoids is verwyder. Dit is nie lekker om te sien hoe jou baba daar op die bed lê  en as die narkose masker naderkom...daai kyk in jou kind se oe as die masker naderkom...dit voel of jou kind vir jou met sy oë  vra, Mamma hoe kan jy dit aan my doen? En hulle is baie deurmekaar as hulle daar uitkom, tussen huil en ' n confused-skree. MAAR dis die moeite en pyn werd, sy is baie beter. " n Bekende oor, neus en keel spesialis in Kaapstad het dit gedoen en eks baie bly met die resultaat.

Die hoeveelheid narkose wat hulle gee, word baie versigtig uitgewerk. ' n Narkotiseur staan by tydens die proses. So vind miskien net vooruit uit by jou dokter oor die narkose om jul bekommernisse te sus.

Sterkte, Tieta

Reply to Tieta

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.