Childhood Diseases

Question
Posted by: Kinnie | 2008-11-11

Q.

Griep

Beste dr. Ek soek asb u raad.

My seuntjie van amper 13 maande het verlede Donderdagnag wakker geword met h koors van oor die 39 grade. Wou glad nie Postan drink nie, en ek het vir hom ' n Empaped setpil ingesit. Die volgende oggend 6h00 was hy weer wakker met koors van oor die 39 grade en ek het weer ' n setpil ingesit. Omdat dit amper naweek was, ek het my pediater gebel en ' n afspraak gemaak. Die pediater het gese dit lyk na griep en het Ponstan setpille en Lotem vir die koors voorgeskryf. Teen Vrydagaand was die koors gebreek en hy het sedertdien nog glad nie koors gehad nie.
Die hele naweek was hy verskriklik klaerig (huilerig) en ' n mens kan sien hy voel glad nie lekker nie. Hy gaan van tyd tot tyd, veral laatmiddag en in die nag in ' n vreeslik huilbui in. ' n Mens kan sien hy het vreeslik seer of pyn iewers. Niks wat ons doen help nie. Ek sit dan elke keer weer ' n setpil in en na ongeveer 20 minute begin hy rustig raak en slaap gewoontlik daarna. Hy drink baie goed melk en verdunde rooibostee en vrugtesap. Maar eet amper niks. Weier om sy mond vir enige medisyne oop te maak. Ons vermoed hy het maagkrampe en het probeer om hom Buscopane te gee. Gister het my man hom weer pediater toe geneem en hy se hy hou by die besluit dat dit griep is. Die pediater het hom baie goed ondersoek en kan niks fout kry nie. Self sy ore wat gereeld probleme gee, is pragtig gesond. Het na sy maag geluister en hy se hy kan definitief aktiwiteite daar hoor. Omdat my seuntjie ook ' n hoesie het hy Flemeze voorgeskryf en Reuterie druppels. Gistermiddag toe ek die huis kom het hy weer vreeslik gehuil, hy trek sy ruggie so krom agteroor en ek kan hom glad nie vashou nie. Het maar weer die setpil ingesit en klein bietjie Buscopane gegee. Het ' n halfuur daarna gebedaar en geslaap tot amper 08h00 gisteraand. Teen tienuur was dit weer dieselfde storie. Het redelik goed geslaap deur die nag, maar vanoggend het my man gebel en gese hy huil al weer vreeslik. Die pediater het ook gese ons moet hom 2 dae nie melk en suiwel gee nie. Het elke dag 2-3 sagte stoelgange. As dit wel griep is, wanneer gaan die krampe wat ons vermoed ophou en wat is u opinie hieroor. Ons voel al regtig moedeloos en weet nie wat om te doen nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is baie moeilik om seker te wees wat die oorsaak van jou seuntjie se siekte is, maar een ding is seker, dit is nie as gevolg van griep nie.Boonop weens al die setpille wat hier gebruik is, weet ek ook nie of hy nog koors het of nie.'n Koors van 39 is gewwoonlik as gevolg van 'n oorontsteking, blaas infeksie of een van die kindersiektes. Ek vermoed dat hy miskien die vroee simptome van Roseola [baba masels] het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Gerda | 2009-04-05

Husband cancer patient (Non Hodgkins lymphoma) has pneumonie. Fever 19.2. Sputum spongy, reddish. Shallow beathing. Hart rate 122. Sufers from heart faillure due to 10 years chemo. Undergoing chemo.What do I do?

Reply to Gerda

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.