Childhood Diseases

Question
Posted by: Adell | 2010-02-15

Q.

Gewig normaal?

Hallo Dokter,

Het al ten vore u hulp gevra. (My babadogtertjie het gesukkel met melk, sy het Allernova gedrink tot en met 11 maande.)

Sy is nou 17 maande oud. Sy drink rooibostee, een glasie verdunnde sap nou en dan en water. Sy eet oor die algemeen baie goed, en gebalenseerd. Sy het 2 dossise VidaLyn gebruik, ped voel sy tekort gehad, sy baie wit, en haar are sit vlak en sigbaar. Oor die algemeen sy baie happy en slaap goed, geen probleme.

Al wat my opgeval het is haar gewig:
12 maande 76cm 8.37kg
15 maande 78cm 9.00kg
17 maande 79cm 8.1 kg

Sy is klein en fyn, maar sy lyk defintief nie maer en ondervoed nie. Sy redelik aktief, al op nege maande begin stap. Moet ek worry?

By voorbaat dank.

Adell

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die gemiddelde gewig vir 'n dogtertjie van 17 maaande is 10kg. Jou baba se gewig le op die 2de persentiel,dws die laagste 2% vir meisie kinders van 17 maande. Dit is nodig om terug te gaan na die pediater om vas te stel of sy 'n probleem het met onder andere anemie of selaksiekte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: antoinette van niekerk | 2010-03-09

Dokter
ek wil graag weet hoeveel gewig ''n baba per maand moet aansit tot hy een jaar oud is,en wat sy gewig op 12 maande behoort te wees.

baie dankie

Reply to antoinette van niekerk

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.