Childhood Diseases

Question
Posted by: Annie | 2012/08/15

Q.

gewig en lengte

Ons dogtertjie was 3,6 met geboorte (normaal gebore op 40 weke) en op 2 jaar weeg sy 10,8kg en is 88cm lank.

Sederd geboorte het haar gewig vinnig afgeneem en ons het haar op n stadium twee-weekliks laat weeg om seker te wees sy tel n paar gram op.
Sedert 2 maande is haar gewig mooi in n lyn op die grafiek, so ek is nie bekommerd oor haar gewig nie.
Waaroor ek wonder is haar lengte: is sy kort of lank vir haar ouderdom?

Rondom n jaar het die pediater gesê  sy is in die onderste 10% vir haar gewig maar in die langste 5% vir haar lengte - en dat ons haar gerus meer pasta en aartappels kan gee om te eet!
Ons doen dit - maar die stysel laat slegs ma en pa gewig aansit, nie vir haar nie!
Is haar lengte steeds so lank vir haar ouderdom? Ongelukkig het haar kliniekkaart nie n grafiek vir lengte in nie.

Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogtertjie se lengte is in die boonste 25% groep vir dogters van haar ouderdom. Die gemiddelde gewig vir dogters van 2 jaar is 11.4kg en haar huidige gewig van 10.8kg is net bo die 25% streep op die grafiek. Daar is geen rede vir kommer nie. Sy sal seker aanhou om hierdie groei patroon te volg,dws redelik lank maar net 'n bietjie skralerig.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.