Childhood Diseases

Question
Posted by: cj | 2011/04/04

Q.

gewig 9 mnde seun

More, my seun is nou 9 maande oud. hy het vanoggend vir sy 9 maande inspuitings gegaan en is geweeg. ek weet nie hoe dit te verstaan nie. volgens die kliniek se skaal weeg my seun nou 200g minder was wat hy op sewe maande geweeg het en dat hy eerder gewig verloor het en niks opgetel het tot nou toe nie. wanneer ons hom optel voel mens hoe hy swaarder word. hy weeg, volgens die kliniek se skaal, 7kg. Dit laat my as mamma baie bekommerd voel - hy is ''n gesonde, baie baie woelige baba en sit amper nooit stil nie en eet baie goed. tussen die etery deur borsvoed ek hom nog. verder lyk dit asof hy nou baie vinnig langer word.
Kan dit wees dat die kliniek se skaal kan uit wees en dat die rede vir sy lae gewig kan wees weens die feit dat hy so besig is. ek en sy pa is beide klein mense, asook ons families. daar is nie geskiedenis van oorgewig wees nie. hy is ook tans besig om tande te sny en dit wil voorkom asof dit meer as een tand gaan wees. soos ek gese het hy is ''n gesonde gelukkige intelligente baba. hy het nou vir die eerste keer van geboorte af ''n loop neusie en was nog nooit siek gewees nie. hy het met geboorte 2.8kg geweeg en was 54 cm lank.
baie dankie vir jou raad.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die gemiddelde gewig van 'n baba seuntjie van 9 maande is 9kg. Dus is jou seuntjie se gewig inderdaad baie laag vir sy ouderdom [die laagste 2%] alhoewel hy die selfde streep volg op die baba gewigkaart as by geboorte.Dit is heel moontlik dat daar 'n fout was met die kliniek se skaal.Probeer om jou baba weer te weeg en stuur ook sy lengte saam dat ek kan sien of daar enige rede is vir kommer of nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: doreenbotes@outlook.com | 2016/07/17

My kleinkind se gewig is 16.2kg hy is 108cm lank ek is bekommerd wil weet wat moet sy gewig wees hy is 5jaar oud.

Reply to doreenbotes@outlook.com

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.