Childhood Diseases

Question
Posted by: Elize | 2010/09/01

Q.

Gereelde enkelbesering in 6 jarige

Goeie dag

My 6jarige dogter het een jaar gelede haar enkel verstuit en ''n beentjie het afgebreek wat self weer vasgegroei het. Sy was vandag vir ''n MRI scan en ek wil net weet wat die volgende beteken:
•  Vorige avulsie besering inferior aspek laterale malleolus, daar is verdikking en sinovitis om die verloop van ATF met gedeeltelike onderbreking maar geen voldikte skeur nie, PTF en CCF vertoon ook intakt op MR.
Laterale ligament komplekse:
Daar is heelwat sinovitis en edeem om die verloop van ATF maar geen voldikte disrupsie nie. PTF en CCF vertoon intakt op MR.
Is dit iets wat medies herstel kan word of moet tyd maar net verloop. Sy word werklik negatief beinvloed deur herhaalde verstuitings van die enkel sedert die eerste ongeluk.
Baie dankie vir die tyd wat u aan hierdie spandeer.
Elize

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy is baie welkom.Jou dogter het die tekens van 'n enkel wat erg verstuit is maar daar is geen skade of breek van enige haar enkel bene nie.Die beste sal wees om 'n sport fisioterapeut te raadpleeg. Die MRI verslag moet saam geneem word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.