Childhood Diseases

Question
Posted by: Manie | 2008-11-22

Q.

Gehoor- en ontwikkelingsagterstande

My suster se twee seuns, 5 en 2 jaar oud, het albei agterstande in hul spraak vanweë  vog agter die oor (hulle moet nou beide grommets kry en die mangels moet verwyder word) Die seuntjie van 5 het ook ander ontwikkelingsagterstande. Die kinders moet intensiewe spraakterapie en arbeidsterapie kry. Ongelukkig woon hulle op `n klein dorpie met min sulke spesialis dienste. Is daar dalk boeke wat u sou kon aanbeveel wat sy kan koop om self die kinders te help met die spraakterapie en arbeidsterapie? Enige ander voorstelle? Ek sou ook net graag wou weet of die kind wat ontwikkelingsagterstande het se probleem dalk verwant kan wees met die feit dat hy `n instrumente baba was.

Baie dankie !

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is baie goeie raad vir jou suster op hierdie webwerf: www.ldanatl.org/aboutld/parents/early_childhood/helping.asp
Dit is moontlik dat sekere probleme soos miskien bloeding gedurende die geboorte kon gelei het tot jou neef se ontwikkelings agterstande, maar die feit dat instumente gebruik is is nie die rede nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.