Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2010/11/22

Q.

Gehoor

Middag dokter

My seuntjie is nou 22 maande oud en dit wil voorkom asof hy verskriklik gehoorsensitief is vir vreemde geraas. As ons musiek hard speel, stofsuig of haardroë r gebruik dan druk hy nie sy ore toe nie. Maar sodra ons in die dorp of buite is en hy hoor harde geluide soos motorfietse, trokke, masjinerie en weerlig dan druk hy sy ore toe met albei sy hande.

Hy was nog altyd mal oor speelgoed wat geluide maak en musiek speel dan gee hy nie om oor die geraas nie.

Ek is nogal bekommerd daaroor, ek het al rondgelees daaroor en dit lyk nogal asof dit algemeen onder kinders voorkom. Sy ore is baie gesond aangesien hy in die 22 maande darem nog nie een keer oorontsteking gehad het nie.

Almal bly my vra hoekom druk hy sy ore toe, sal dr asb raad kan gee oor hierdie probleem. Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie probleem van kom redelik dikwels voor onder kinders van hierdie ouderdom. Die engelse naam is 'hyperacusis' en jy kan verder lees op Google of Wikipedia. Die enigste rede vir kommer is dat hyperacusis een van die simptome van autisme is. Hierdie toestand van hhyperacusis is baie moeilik om te behandel Die beste sal wees om in die eerste plek sy pediater raad te pleeg net om seker te maak dat daar geen ander rede is vir sy hyperacusis. Indien nie sal dit die moeite werd wees om 'n ONK spesialis te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.