Childhood Diseases

Question
Posted by: ESME | 2008/12/15

Q.

GEEN FONTANELLE

TOE MY BABA GEBORE IS HET EK GESIEN DAT SY NIE ' N SAGTE PLEKKIE OP HAAR KOP HET NIE EN HAAR KOPPIE WAS VOL RIWWE. OMDAT DIE PEDIATER BY GEBOORTE NIKS OPGEMERK HET NIE, HET EK GEDINK DIS OKAY, ALHOEWEL DIT AL MY TWEEDE KIND IS EN MY EERSTE BABA SE KOP NIE SO GELYK HET NIE.

MET HAAR SESWEKE ONDERSOEK, HET DIE PEDIATER DADELIK OPGEMERK DAT SY NIE ' N SAGTE PLEKKIE OP HAAR KOP NIE EN DAT DIE PLATE NIE BEWEEG AS HY HAAR SKEDEL DRUK. ONS HET HAAR GEVAT VIR ' N CT SCAN EN DAAR IS BEVIND DAT DIE PLATE BAIE NA AAN MEKAAR IS. ONS VAT HAAR NOU ELKE TWEEDE WEEK DOKTER TOE SODAT DIE OMTREK VAN DIE KOP GEMEET KAN WORD. WAT MY PLA IS DAT DIE GRAFIEK BEGIN AFPLAT EN EK DINK DIT IS TYD DAT SY WEER VIR ' N CT SCAN MOET GAAN SODAT ONS KAN SIEN OF ' N OPERASIE NODIG IS. WAT WORD GEWOONLIK GEDOEN AS DIE PLATE VASGEGROEI HET, OF TE NA AANMEKAAR IS?

EK IS IN DIE DUISTER EN WEET NIE WAT OM MYSELF OP VOOR TE BEREI NIE.

DANKIE ESME

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek stem saam met jou. Dit is absoluut noodsaaklik om 'n pediatriese neurochirurg te raadpleeg.Hoe vroeer die operasie uitgevoer is hoe beter.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.