Childhood Diseases

Question
Posted by: Salome Laufs | 2012-08-20

Q.

Geen eetlus

My 26 maande oue dogtertjie, eet al van kleins af baie sleg. Sy eet nie vreeslik lekker nie, maar sal pap eet en vrugte. Ons probeer in die aande " n gekookte ete vir haar gee, maar sy wil nie eet nie. Sy sal dalk 2 happies vat.
Sy weeg 10kg vir haar ouderdom al vir ''n jaar, dus tel sy nie gewig op nie, maar verloor ook nie. Sy is op Nido, drink so 3 bottels ''n dag. Ek wil nie die melk weg vat nie, want ek probeer steeds die nodige voedingswaardes in haar liggaam kry.
My man is erg bekommerd, sy het die laaste week mangelontsteking en eet niks, neem net vloeistof in. Ons sukkel geweldig met haar mangels.
Moet ek haar 3 keer ''n dag pap gee as sy dit wil hê ? Ek probeer haar dwing om te eet, maar sy knyp net haar mond toe, as ons haar dryg maak sy haarself net naar.
Asb ek het dringend raad nodig.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort probleem kom byna elke week op hierdie forum voor.In jou dogter se geval is dit eers nodig om haar mangelontstekings probleem te behandel. Dus sal ek aanraai dat dit nodig is om so gou soos moontlik 'n ONK spesialis te raadpleeg.Ek verwag dat haar eetlus baie sal verbeter nadat haar mangels verwyder word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.